Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die internasionaal-bekende Martin Mans gaan op 18 Februarie 2015 een van sy uitstekende orreluitvoerings in Stanford se NG Kerk om 19:00 aanbied. Die ewe bekende panfluitspeler, Carina Bossenbroek, sal saam met Martin optree.
Kennis moet geneem word dat Martin nie meer in die Hermanus NG Kerk gaan optree, soos wat aanvanklik beplan is nie, maar wel in Stanford se NG Kerk. Martin is ‘n orrelis by die Breepleinkerk te Rotterdam en hy hou sowat 300 konserte per jaar wêreldwyd. Hy het orrellesse begin neem op 7-jarige ouderdom en sedert 15-jarige ouderdom tree hy al as permanente orrelis op.
‘n Kort uittreksel uit sy program sien soos volg daaruit: Exodus (E. Gold/arr. M Mans), Hallelujah (L Cohen), Tango's (A Malando), Highland Cathedral (arr. JM Mans), Hora de concert (Roemeense traditional), Elegie (traditional), Heer u bent mijn leven (arr. N van Middelkoop), Arioso (JS Bach), Tiganesc (N van Middelkoop) en Main umet (Mijn zorgen).
Kaartjies kan teen R60 per persoon by die United Church, Royalstraat in Hermanus gekoop word, of by Stanford se Toerismekantoor.
Phil Pienaar kan ook by 083-290-6910 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...