Francis se dag

Francis se dag

Gansbaai Courant

Sommer vir die manne wat sukkel om gewoond te word daaraan dat hulle nie deel is van die kabeljou /geelbek-stories nie. Dis nou die ouens wat hard maar onsuksesvol probeer om darem een of ander tyd ook een van hierdie visse te vang  --  en hulle is mos veronderstel om nou te byt! Die raad is  --  hou nog so klein bietjie aan, oor ‘n paar weke is dit kwepertyd en dit beteken dis tyd vir die hotties. Dan gaan ons weer lekker saamvang, miskien is daar sommer ‘n punt te wys ook!

Daar gebeur soms dinge op see wat juweeltjies is en vir ewig onthou sal word…

Ons het dié jaar vriende gemaak met nuwe intrekkers in De Kelders en van die see het hulle maar min geweet maar het besluit om saam te gaan en die kreefuithalery te beproef. Daardie dag kon Sakkie dit nie maak nie, maar Francis was gereed vir die bootstorie. Hy het haar gewaarsku om haar winkeltande uit te haal, want, het hy vermaan, “jy gaan seesiek word, die goed is duur en ek koop nie ander tande vir jou nie!”

Die dag het baie goed verloop. Ek, my vrou en Francis het die kreefnette met gemak hanteer en ons het selfs ‘n paar visse gevang. Francis was heel opgewonde en het geen teken van seesiek getoon nie. Ek moet byvoeg dat ek geen simpatie het met enigeen in hierdie verband nie  --  nog elkeen wat ek ken spog later met hoe siek hulle geword het. Hoe sieker hoe meer word daaoor gepraat. Dus voel ek glad nie skuldig om die storie so bietjie aan te help nie. My metodes sal egter geheim moet bly want sommiges sal dit uitbuit.

Dan moet ek eerlik wees en erken dat ek die moontlikheid oorweeg het om die siekwordstorie so bietjie kunsmatig aan te help. Ek het egter nie tot aksie oorgegaan nie want Francis het haar ordentlik geniet en in die toekoms sou sy in elk geval nie tekens van siek word toon nie. Sakkie was egter ‘n ander storie, maar op ‘n ander tyd meer hieroor.

Francis het met ‘n briljante idee vorendag gekom. Dit was toe ons terug op land was dat sy haar tande uitgehaal het en in ‘n sleeptongstem Sakkie per telefoon ingelig het, “Sakkie, my man, ek het siek geword en my tande in die see verloor!” Ek het gehoor wat haar man sê maar kan dit nie hier herhaal nie. Ons is nog steeds vriende….

Groete, Seemeeu

Francis se dag

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant