Kanker Ondersteuningsgroep

Kanker Ondersteuningsgroep

Gansbaai Courant

“Die gedagte van ‘n ondersteuningsgroep vir kankerlyers wat onder behandeling is of reeds genees is, het ontstaan nadat enkele belangstellendes hulle ten gunste daarvan uitgespreek het,” vertel Dirk Büchner van Huis Breda, en hy sal deur sy eggenote, Eva, bygestaan word met die reëlings.

Dirk is ‘n tyd gelede met kanker gediagnoseer, maar hy sê dit gaan goed met die behandeling, ondanks die ongemak wat daarmee gepaardgaan. “Ek wil graag die belangstelling vir weeklikse of twee-weeklikse byeenkomste bywyse van hierdie berig toets,” sê Dirk. “Ek is van mening dat dit geleentheid sal skep vir betrokkenes om onderling te kommunikeer, deurgaans met die wete dat almal teenwoordig ten volle bewus is van wat aan die gang is.”

Hy sê dat instansies soos Kansa en Hospice ook in hierdie verband genader sal word, veral met die oog op sprekers van tyd tot tyd.

“Die hoofdoel van hierdie poging is om ‘n intieme groep mense, met ‘n gemeenskaplike probleem, ontspanne bymekaar te laat kom om rustig te gesels en gevoelens oor hul eie wedervaringe te kan uitruil,” sê Dirk.

Voorlopig is besluit om byeenkomste vir elke Donderdag om 18:30 by o.m.G.e.e. Bedieninge in Kerkstraat te reël, maar belangstellendes moet eers vir Dirk kontak sodat die haalbaarheid van so ‘n beplanning vasgestel kan word.

Daarna kan onderlinge reëlings getref word oor die gereeldheid van byeenkomste en verdere reëlings.

In hierdie verband kan Dirk by 082-597-4720 gekontak word, of Eva by 079-319-1755.                                                    

Hardus Botha

Kanker Ondersteuningsgroep

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant