Gansbaai Leeskring skop af met bekroonde plaaslike skrywer

Gansbaai Leeskring skop af met bekroonde plaaslike skrywer

Gansbaai Courant

Die eerste byeenkoms van die jaar van Gansbaai Leeskring  vind op Dinsdag,  17 Februarie 2015 om 10:00 in die Biblioteeksaal plaas. Tydens hierdie geleentheid sal die bekende plaaslike skrywer, SD Fourie, haar nuutste roman, “Die dooies leef”, bespreek. Alhoewel die verhaal ‘n 100 jaar later afspeel, is dit ‘n vervolg op haar vorige gewilde boek, “Die Lanternswaaier”, wat in 2013 op RSG voorgelees is.   “Die dooies leef” word besonder hoog aangeskryf deur befaamde skrywers en resensente, soos onder andere Riana Scheepers en Letti Kleyn.  Tydens die “Woordfees”, wat in Maartmaand in Stellenbosch plaasvind, sal Willemien Brümmer, joernalis van “Die Burger”, met SD ‘n onderhoud voer oor “Die dooies leef”. Dit vind plaas op 13 Maart om 11:00 in Erfurthuis en word deur Naledi Uitgewers aangebied.

SD het ook reeds naam gemaak met ‘n hele aantal radiodramas waarvoor sy met verskeie toekennings bekroon is. Dit is ‘n besondere voorreg om SD as spreekster hê, want behalwe haar skrywerstalent, is sy ook ‘n onderhoudende spreekster.  Almal wat belangstel om die bespreking by te woon is hartlik welkom.  

Annemarie du Plessis

Gansbaai Leeskring skop af met bekroonde plaaslike skrywer

Annemarie du Plessis

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant