BARC en Microchips

BARC en Microchips

Gansbaai Courant

 “Adri Nel van For Pets Sake Doggy Parlour in Belville is ‘n boorling van Gansbaai wat verstommende bemarkingswerk vir BARC doen en het al sowat R6,000 ingesamel waaroor ons groot waardering koester,” vertel Annelie Jonker van Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC).

Adri en haar eggenoot, Deon, het op eie koste spesiaal vir die naweek na Gansbaai gekom om belangstellende honde-eienaars se diere te “microchip”. Adri verduidelik soos volg: Cheaper Chips Microchip for Pets se mikpunt is om teen 'n bekostigbare prys soveel as moontlik diere regoor die Wes-Kaap identifiseerbaar te maak deur middel van mikroskyfies, asook identifikasie ‘tags’ by diere. Sy sê dat R20 van elke microchip aan diere-organisasie (in hierdie geval BARC) geskenk word, wat deur die borg, For Pets Sake Doggy Parlour, genomineer word.

For Pets Sake Doggy Parlour het vanaf Desember 2014 tot op hede ‘n rapsie meer as R6,000 ingesamel van die ongeveer R15,000 wat nodig is vir die bou van 3 nuwe skeidings / kwaranteinhokke by BARC in Gansbaai. Die hokke is bedoel vir diere wat nog nie deur ‘n veearts ondersoek is nie en moontlik siektes onderlede mag hê.

“Hierdie hokke wat ons beplan, is broodnodig vir siektebeheer,” sê Annelie. “BARC benodig enige oortollige boumateriaal, diamond mesh (chicken mesh), sement, bakstene, hondekos en katkos daarvoor, asook skenkings van enige tweedehandse klere, speelgoed en allerlei items wat in die tweedehandse winkel langs Kekkel en Kraai verkoop kan word.

Die fondse uit die winkel dra gedeeltelik by tot die basiese onderhoud van BARC en om uitgawes soos water, elektrisiteit, salarisse, veeartsrekeninge, honde- en katkos en veel meer te dek.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC en Microchips

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant