AfriForum koop "amptelike taal" en "moedertaal" as verjaarsdaggeskenke

Gansbaai Courant

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs die woorde “amptelike taal” en “moedertaal” eksklusief aangekoop as deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se fondswerwingsprojek, “Borg ‘n Woord”.

Hierdie spesifieke woorde is gekies om die 90ste herdenking van die aanvaarding van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika te vier. Volgens Alana Bailey, Adjunk Uitvoerende Hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalkwessies, is dit ‘n voorreg om Afrikaans se prestasie as hoëfunksietaal asook die bydrae van die WAT - die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke - op hierdie wyse te herdenk.

“Die bevordering en verskansing van Afrikaanse taalregte is 'n prioriteit vir AfriForum. Dit geld ook vir die uitbreiding en beskerming van moedertaalonderrig,” het Bailey gesê. “Die afgelope jaar het ons daarom onder meer die regsaak van taalaktivis Cerneels Lourens teen die staat oor die publikasie van landswette in al elf amptelike landstale finansieel ondersteun en ook die SLIM-veldtog geloods om jongmense aan te moedig om in hulle moedertaal te studeer,” aldus Bailey. SLIM staan vir ‘Studeer en Leer In jou Moedertaal’. AfriForum is bekommerd oor die druk wat van owerheidsweë op Afrikaans as amptelike taal en veral onderrigtaal uitgeoefen word.

“In die onlangse verlede het die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, onder meer verklaar dat hy 'n Afrikaanse tersiêre onderwysinstelling ‘sal toemaak’ - ‘n blatante miskenning van die feit dat só ‘n instelling iets is waarop Afrikaanssprekendes geregtig is. Die koop van woorde is ‘n prettige manier waarop die WAT finansieel ondersteun kan word, maar daar lê ook 'n dieper boodskap daaragter, naamlik dat ons ons moedertaal moet koester en ons taal se regte as amptelike taal moet opeis,” het Bailey verder gesê. Bailey moedig die publiek aan om ook by te dra tot die viering van die 90ste herdenkingsjaar van Afrikaans en terselfdertyd die WAT te ondersteun.

Die WAT dokumenteer die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang en is die grootste projek ooit rondom Afrikaans. Dit benodig fondse om hierdie groot taak voort te sit en enigeen kan ‘n woord eksklusief vir R5,000, of indien nie eksklusief nie, vir so min as R100 borg.

Vir meer besonderhede en besonderhede om ‘n woord te borg, skakel die Buro van die WAT by 021-887-3113 of besoek die webtuiste www.wat.co.za

Media verklaring

Esmarie Prinsloo: Mediaskakeling Afriforum

Esmarie Prinsloo

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant