In Memoriam - Willa Clifton

In Memoriam - Willa Clifton

Gansbaai Courant

Wilhelmina (Willa) Clifton (gebore Swart en voorheen Compion) is op 9 Februarie 2015 in die ouderdom van 84 jaar oorlede.

Willa was sedert 2011 ‘n inwoner van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes.

Willa is op 7 Augus-tus 1930 in Gansbaai gebore en haar ouers was Willem Hendrik (Lorrie) en Maria Catharina (Raaitjie) Swart (Nowers) van Voortrekkerstraat, Gansbaai waar hulle vanaf 1922 gewoon het. Hulle het destyds ‘n “transport”-diens begin, vanwaar die bynaam “Willem Lorrie”.

Willa se ouma Siena Nowers’hulle was van die eerste inwoners van Gansbaai in ’n vissershuisie bokant die hawe-gebou. “Willa se ooms, Harry en George Nowers, asook haar tannies, Sara en Gerty Groenewald, was ook ou Gansbaaiers, met Willa en haar susters, Gerty, Molly, Katy, Stella en Zettie wat vele verhale oor hul kinderjare vertel het,” vertel Maureen Voigt van Gansbaai, Willa se dogter.

As kind was Willa ‘n leerling onder die bekende leermeesters, mnre Barnard en Kuhn. As langbeendogter het sy uitgeblink as gimnas en top-netbalspeler. Sy was deel van daardie jare se kinders wat ook fisies met die bou van die skool en kerk gehelp het.

Na haar huwelik met Floors Compion, het hulle saam met Maureen na Garies verhuis en daarna het hulle in Nababeeb gaan woon waar Floors by die myne gewerk het. Die egpaar se seuns, August Xavier (Boetie) en Willie is daar gebore. In 1958 skei sy en Floors en keer Willa terug na Gansbaai met haar dogter Maureen en seun Willie.

Sy bekwaam haarself as haarkapster in Grabouw en op aanbeveling van Hermine Groenewald en die Gansbaai-vroue begin sy die eerste haarsalon in Gansbaai. Vir etlike jare was dit dié plek waar vroue nie net mooi gemaak is nie, maar was dit ‘n “hawe en kuierplek” waar lief en leed met mekaar gedeel is.

In 1973 trou sy met Dennis Clifton saam met wie sy ’n gelukkige huwelikslewe gelei het. In 1995 kom tree hulle in Gansbaai af, waar hulle saam met Willa se suster, Stella in Voortrekkerstraat (hul geboortehuis), kom woon het. Dennis is in November 2004 oorlede en Stella in Maart 2013. Maureen het die familiehuis in Gansbaai in 1991 gekoop, waar sy hulle tot 1997 versorg het.

Willa se begrafnisdiens sal op Vrydag, 13 Februarie 2015 om 15:00 in die NG-Kerk, Gansbaai deur dr Bobo van Zyl gelei word.                                                      

Hardus Botha

In Memoriam - Willa Clifton

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant