Die GEHEIM is uit

Die GEHEIM is uit

Gansbaai Courant

Die nuwe embleem-ontwerp is Gansbaai Toerisme Buro se eerste stap in die 2015 bemarkingsveldtog - “Trots / Proudly Gansbaai”. Die geleentheid vir die bekendstelling daarvan was ‘n spesiale Valentyns Toerisme Lede-aand.  

Rdl Dudley Coetzee (rdl vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, wat Toerisme insluit) en sy eggenote, Shirley, was die Toerisme Komitee se eregaste. Komiteelede het  vooraf wit gholf T-hemde ontvang, maar met ‘n geheimsinnige papier op die linkerkant van die bors geplak. Ná die bekendstelling van die nuwe embleem, is die papiere op die bors verwyder en kon Komiteelede spog met die nuwe embleem. Die voorsitter, Brenda du Toit, het beklemtoon dat 2015 ‘n jaar sal wees waarin die Buro sal moet bewys dat die strategiese beplanning nie verniet was nie en sy het ‘n baie bedrywige jaar voorspel. Die dryfveer en harde werk (agter die skerms), is Caron Lee, Bemarkingsvoorsitter van die Toerisme Komitee. Sy het nie ure nie, maar maande se werk ingesit en het ook die volle Powerpoint-aanbieding vir die bekendstelling waargeneem. Elzaan van Lill, sameroeper van Gansbaai Jeugklub, het ook geleentheid ontvang om die nuutgestigte Jeugklub aan toerisme-lede bekend te stel.

The vision of Gansbaai Tourism is clear: To create and market Gansbaai as the ultimate “up close and personal” eco / eco-adventure destination in the Western Cape / South Africa. The Natural Adventure Destination of Gansbaai is: Marine Adventures (Big 5); Fynbos Adventures; Heritage & Art Adventures; Entertainment; Beach; Wedding destination.

Intussen is die op-en-wakker Toerismepersoneel, onder leiding van Glenda Kitley as Bestuurder, steeds tot almal se beskikking by Gansbaai Toerisme waar hulle by 028-384-1439 geskakel kan word, of stuur ‘n epos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net, of op Facebook (gansbaai-tourism) of twitter (@gansbaaitourism). Die opwindende webtuiste is www.gansbaaiinfo.co, waar vele kosbare inligting bekom kan word.

Hardus Botha

Die GEHEIM is uit

Nuwe Toerisme embleem

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant