Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

Gansbaai Courant

“ 'n Psalm van Dawid.  Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, HERE? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?” (Ps. 13:1,2)

“Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My GOD, my GOD, waarom het U My verlaat? (Mat 27:46) 

Het jy nie al baie kere soos Dawid gevoel hier in Psalm 13 nie? Jy roep na GOD in jou noodsituasie – maar Hy antwoord jou nie en jy hoor beslis nie Sy stem nie! Jy is nie alleen nie. Die meeste gelowiges gaan deur dieselfde worsteling. Dit lyk regtig nie asof GOD ons gebede beantwoord nie. Ja wel, ons hoor van baie mense wie se gebede verhoor is, maar dit voel asof die HERE van jou af wegkyk, nê? (Ps. 13:1)

Ek wonder hoe moes Jesus gevoel het toe Hy aan die kruis gehang het en na GOD roep en ons weet ook daar het GOD Hom nie geantwoord of gehelp nie! Hoe dan nou? Sê die Bybel dan nie uitdruklik op baie plekke dat GOD ons gebede sal beantwoord nie? Weerspreek die Bybel homself? Beslis nie. Ons moet altyd na die groter prentjie kyk.

As jy verder lees in Psalm 13 sal jy by die verse uitkom waar Dawid die HERE prys vir Sy getroue liefde en die feit dat Hy nog altyd aan hom goedgedoen het. “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” (Ps. 13:5,6)  Al roep Jesus in Sy nood na GOD en GOD antwoord nie, is Jesus se volgende woorde baie meer belangrik. Onthou jy dit? “Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.” (Luk 23:46)

Wat gebeur in al twee hierdie gedeeltes? Dawid prys die HERE wat op Sy tyd die uitkoms gee en weer aan hom sal goeddoen. Jesus weet dat GOD se plan met Hom en die wêreld die grootste daad van liefde en vergifnis is – en daarom gee Hy sy gees aan GOD oor – ja, hy berus in GOD se plan met Hom. 

Wanneer dit vir jou lyk asof GOD nie jou gebed beantwoord of dat Hy na jou luister nie, moet jy altyd onthou om na die groter prentjie te kyk.

GOD is in beheer van elke situasie. Hy weet die beste.

Hy gee die beste. Sy plan met jou is besig om uit te werk. Begin nou om Hom te prys vir Sy liefde en Sy trou!

Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant