Projek vir Akademiese Presteerderstoer

Projek vir Akademiese Presteerderstoer

Gansbaai Courant

Wanneer ‘n top-leerder genooi word deel te wees van ‘n Akademiese Prestasietoer oorsee, vlam die trots hoog, maar wanneer daar na die enorme kostes gekyk word, sak enige mens se moed tot diep in die skoene. Christa Langenhoven van Baardskeerdersbos het haar egter nie laat onderkry nie. Haar dogter, Christien Langenhoven (Gr 10) is een van Hoërskool Bredasdorp se Top 10 leerders en is genooi vir só ‘n Akademiese Prestasietoer na Amerika.

Sy is een van sowat 187 Top 10 leerders landwyd wat hierdie voorreg ontvang het. “Ons as ouers moet die byna R45,000 insamel om dit moontlik te maak en met sakgeld en diverse kostes bygereken, bring dit ons by sowat R50,000 uit,” vertel Christa, maar dit het haar geensins gestuit. Sy en van haar vriende het summier hard aan die werk gespring met pannekoek bak by Gansbaai Superspar, die kook van konfyt en chutney wat by Protea Flora te koop is en ‘n stalletjie by die Westbury Boeremark.

Christa se eerste hoogtepunt in die fondsinsamelingsprojek is die lam wat sy op Valentynsdag uitgeloot het, met bykans 100 lootjies wat verkoop is. Die wenkaartjie is verlede Saterdagaand by Rusty se dans deur boeremusiek-legende Manie Groenewald getrek. Die gelukkige wenner is Marlene Uys van Franskraal wat op Dinsdag, 17 Februarie 2015 haar lam trots in ontvangs geneem het. Die toer van 10 dae in Amerika sluit onvergeetlike ervaringe in, met onder andere besoeke aan Boston, New York en Washington en besienswaardighede wat dalk net eenmaal in ‘n leeftyd besigtig sal kan word.

Christa se fondsinsamelingsprojekte, waarmee sy nog sowat R30,000 betyds moet insamel, is die voortgesette pannekoek-, konfyt- en chutney verkope waarna hierbo verwys is, asook sy en hulpvaardige B’Bos-vriendinne se stalletjie by die Westbury Boeremark (h/v Industriesingel- en Oestervangerstraat, Gansbaai Industriële Area) wat ondersteun kan word, met nog ‘n skaaplam wat uitgeloot gaan word. ‘n Spesiale spaarrekening vir die toer is ook by Capitec Bank vir donasies geopen.

Belangstellendes kan vir Christa Langenhoven by 082-300-7294 kontak.

Hardus Botha

Projek vir Akademiese Presteerderstoer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant