Franskraal Rolbal Nuus (19 Feb 2015)

Franskraal Rolbal Nuus (19 Feb 2015)

Gansbaai Courant

Op Woensdag 4 Februarie, het ons plaaslike Besigheidsliga 'n aanvang geneem.  Agtien spanne neem hieraan deel.   

Aangesien hierdie nie spelers is wat afrigting ontvang het, en nie gereelde spelers is nie, kon daar nie verwag word dat algemene spel waffers sou wees nie.  Ons was egter aangenaam verras met die goeie spel wat deur die deelnemers gespeel is.  Van die deelnemers het egter getoon dat hulle nog nooit voorheen aan rolbal blootgestel is nie.  Dit was opmerklik dat hulle, hoe meer vertroud hulle met die hantering van die rolballe geword het, beter spel begin lewer het.  Een opmerking wat ek gehoor het, was dat rolbal baie moeiliker is om te speel as wat dit op die oog af lyk.  Met daardie stelling kan die skrywer hom vereenselwig.

Met slegs twee wedstryde agter die rug, is dit moeilik om op hierdie stadium voorspellings te probeer waag van wie die top spanne in hierdie jaar se kompetisie gaan wees.  Daar wag nog minstens vyf wedstryde om gespeel te word, en baie gaan nog gebeur voordat die wenspan aangewys word. Aangesien hierdie wedstryde op 'n Woensdag gespeel word, sal die skrywe in Gansbaai Courant nie die week se wedstryde weergee nie, maar die vorige week sin. 

Ons sal u egter op hoogte van gebeure probeer hou.  Sukses word alle deelnemende spanne toegewens, maar die belangrikste is dat u die ondervinding sal geniet. 

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Franskraal Rolbal Nuus (19 Feb 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant