Makriel vang kort ook vernuf

Makriel vang kort ook vernuf

Gansbaai Courant

Nou die dag geluister na ‘n skipper wat vertel het hoe die dag  op sy boot verloop het. Dit was toe die makriel geloop het en so enkele van die snoekies tussenin gevang is. Almal weet mos dat wanneer snoek aan die loop gaan die vangery daarvan nie juis ‘n kuns is nie en  selfs net ‘n kaal hoek soms genoegsaam is. Die verskil kom wanneer die vis skelm byt  --  dan verander die prentjie behoorlik. Dis wanneer die manne wat ken van vir jou sal wys hoe die vis gevang moet word. Dis ook dan dat die waarde van die korrekte tegniek bewys word. Maar ons  praat nou oor die makriel wat hier by ons aan die byt gegaan het, en in baie gevalle ooreenstem  wanneer oor die vangs van makriel en snoek verwys word.

Om terug te kom by die skipper wat ek hierbo genoem het. Almal het goed gevaar op sy boot  --  behalwe die een ou. Terwyl die res van hulle gemaai het onder die makriel het die man gekla dat hy niks vang nie, nie eens ‘n byt gekry het nie! Volgens hom het hy alles gedoen soos hulle  --  hoekom byt die vis dan nie by hom nie? Onthou, dis nou gedurende die tyd dat die makriel baie goed byt. Hulle het almal dunnerige lyn gebruik en ‘n nr. sewe-hoekie (nogal ‘n groterige hoekie, veral as die vis nie besonders groot is nie. Maar dit het gewerk vir hulle). En geen sinker nie. Wat by hierdie bemanningslid verander is is die manier waarop sy hoek gebind is. Die knoop is verander sodat die hoek los in die water vertoon. Dit het die groot verskil gemaak. En dalk ook dat ‘n kleiner asie gebruik is. En siedaar  --  almal vang. Een ander oorweging was om enkelhoeke te gebruik.

Ek dink dat verskillende goed op verskillende bote sal werk en dat die besonderse dag se omstandighede ook in ag geneem moet word. Daar is egter sommige faktore wat altyd ‘n voordeel sal beteken. Maar dit is mos wat hengel so interessant maak!

Die teenwoordigheid van die makriel behoort nog bietjie langer aan te hou en sal vir baie boothengelaars ‘n groot seën wees. Dis een vis wat groot genoegdoening verskaf, beide die vang daarvan sowel as die eet van veral die gerookte eindproduk.  Tot volgende keer, Seemeeu

Makriel vang kort ook vernuf

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant