Chanette Paul behaal driekuns

Chanette Paul behaal driekuns

Gansbaai Courant

“Dit is verskriklik lekker dat die lesers vir my sê ek doen iets reg!” was Chanette Paul se woorde pas ná sy gehoor het die publiek het vir die derde keer in ’n ry die Lekkerlit-prys aan haar toegeken.

Ewebeeld, deur Chanette Paul, is deur lesers wat aanlyn gestem het, as wenner van LAPA Uitgewers se 2014 Lekkerlit-kompetisie aangewys. Donker spoor, deur Martin Steyn, het kort op haar hakke gevolg.

Dit is die derde keer in ’n ry dat Chanette Paul koning kraai in hierdie leserskompetisie.

Lekkerlit verskil van ander boekpryse, want hier sit geen paneel wat die keuring doen nie. Die lesers stem, die stemme word getel en die wenner word dienooreenkomstig aangekondig.

“Die driekuns beteken verskriklik baie, ek sit hier op ’n wolkie,” sê Chanette vanuit haar huis in die Overberg. “Dit laat my voel: Ek kom uiteindelik daar!”

Waar? Wou die LAPA span by haar weet. Wat bedoel sy? Sy voel dat sy hiermee bevestiging kry dat sy iets doen waarvan die lesers hou, was haar antwoord.

Altesaam sewe boeke is aan die lesers voorgehou op ’n maandelikse basis. Augustus: Slim leuens (Lien Roux-de Jager) + Seisoen van lig en donker (Alta Cloete); September: Donker spoor (Martin Steyn); Oktober: Stiletto’s van staal (Bernette Bergenthuin); November: Ewebeeld (Chanette Paul); Desember: Die 13de kaart (Madelein Rust) en Januarie: Waar boosheid broei (Peet Venter). Van 1 tot 18 Februarie 2015 kon lesers op ’n mobi-vriendelike platform gaan stem vir hulle gunstelingboek. Elke leser se e-posadres is geneem, en niemand kon meer as een keer met dieselfde e-posadres stem nie.

Een gelukkige deelnemer, me C Carlson, wat op die mobi-webwerf gestem het, is deur middel van ’n gelukstrekking met ’n kontantprys van R2 500 beloon.

Die ouditering van die stemproses is op 25 Februarie afgehandel, maar Chanette is eers op Maandag, 2 Maart ingelig.

Hoe voel sy oor iemand soos Martin Steyn, ’n debutant, wat so goed gedoen het in die kompetisie? Chanette sê sy is “vreeslik trots” op hierdie jong skrywers, want dit is baie goed vir die lesers as nuwe, vars stemme hulleself vestig.

In 2012 is Chanette Paul se roman, Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste van haar Maanschijnbaai-tweeluik, as die Lekkerlit-wenner aangewys. Haar roman, Siende blind, het daarna, in 2013, ook díe kompetisie gewen.

Izak de Vries

Chanette Paul behaal driekuns

Izak de Vries

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant