Trotse 40 Jaar

Trotse 40 Jaar

Gansbaai Courant

Om vir 40 jaar vir dieselfde instansie te werk en deurgaans gelukkig te wees, is ‘n voorreg wat almal nie te beurt val nie. Doreen Swartz van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) het op 28 Februarie vanjaar afgetree en is sedert 1 Maart met pensioen.

HaS is aan die begin van 1973, sowat 42 jaar gelede gestig en Doreen is 2 jaar later op 3 Februarie 1975 as huishulp aangestel, maar is later as amptelike sjef gebruik. Sy is getroud en het 3 kinders. “Een van haar mooiste eienskappe is die mooi wyse waarop sy al hierdie jare met die inwoners gewerk het,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See.

“Doreen het ook ‘n uitstekende werksrekord by die Tehuis opgebou en het ook ‘n goeie ‘siekrekord’, bedoelende dat sy bykans nooit van haar siekverlof gebruik gemaak het nie.” ‘n Pragtige sertifikaat vir haar 40 diensjare is deur HaS se veteraan, Suster Linda Meyer aan Doreen oorhandig, met Anita van Dyk, Administratiewe beampte, wat meegedoen het.

‘n Mooi gebeurtenis wat Doreen seker altyd sal bybly, is die alombekende naam in Gansbaai, Die Goue Hande. Hierdie groep dames verrig al vir die afgelope 20 jaar ‘n enorme diens aan die Tehuis….en hulle naam? Die naam “Goue Hande” is met hulle stigting in 1995 deur die einste Doreen voorgestel en algemeen aanvaar.      

Hardus Botha

Trotse 40 Jaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant