In Memoriam Johan Willem de Villiers

In Memoriam Johan Willem de Villiers

Gansbaai Courant

Wyle Dr Johan (“Rob”) Willem de Villiers is op Donderdag, 19 Februarie 2015 in die ouderdom van 69 jaar oorlede. Johan is in Gansbaai gebore en het hier grootgeword en skoolgegaan en het later jare ook as onderwyser hier opgetree. Johan het sy onderwysloopbaan aanvanklik in Olifantshoek in die Kalahari begin en is later as skoolhoof op Vosburg en daarna op Patensie aangestel. In die voormalige Kwandebele, waar onderwysers opgelei is, is hy ook as Departementshoof aan die Ndebele Kollege aangestel. Dan het hy ook as Direkteur van die Alta du Toit Nasorg vir intellektueel gestremde volwassenes gedien.

Daar was hy ook deel van die groep mense, onder leiding van Ethel Kennedy, wat Special Olympics in Suid-Afrika tot stand gebring het. Op 23 Junie 1967, bykans 48 jaar gelede, word hy met Mary-Ann in Gansbaai in die huwelik bevestig. Die egpaar het 3 dogters, 6 kleinkinders en 1 agterkleinkind. “Ons het gedurende Desember 2013 na Gansbaai teruggekeer, waar hy weer na hartelus kon visvang,” sê Mary-Ann. “Sy liefde vir alles wat plaaslik is, word weerspieël in die avontuurverhale wat hy vir E-Books geskryf het, soos onder andere Janpan, Maestro, Panthera (Indiese luiperd) en die Drommedaris.”

Johan was ook ‘n goeie musikant wat vir sy eie plesier en ander se vermaak gereeld op sy kitaar, trekklavier en klavier gespeel het. Hy is ook allerweë as ‘n mens-mens beskryf wat lief was vir almal en graag stories vertel het of ervaringe met vriende en familie gedeel het. Hy het ook saam met sy goeie vriend, André Moolman tydens die NG Kerk se Feeskonsert verlede jaar opgetree.

“Johan was ook die een wat vir die sogenaamde ‘Underdog Projek’ opgekom het,” vertel Mary-Ann. Johan laat sy eggenote, Mary-Ann, 3 dogters, 6 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter.

Die begrafnisdiens vir Johan is op Woensdag, 25 Februarie 2015 deur dr Bobo van Zyl in die NG Kerk, Gansbaai waargeneem, met ‘n sangsolo deur Richard van Waltzleben tydens die diens.

Hardus Botha

In Memoriam Johan Willem de Villiers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant