Gansbaai Elim Huis

Gansbaai Elim Huis

Gansbaai Courant

 “Terwyl die skoolkinders aan die begin van 2015 nog vakansie gehou het, het die kinders van Gansbaai Elim Huis in Kerkstraat reeds met hul daaglikse program begin,” vertel Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop. “Ons het ook ‘n heerlike Kerspartytjie vir die kinders gereël kort voordat die Huis vir die Desembervakansie gesluit het.”

Marie sê dit is wonderlik om te sien hoe die personeel die kinders bedags op ‘n gesellige, maar professionele en leersame wyse besig hou voordat hulle ‘n gekookte maal ontvang wat deur een van die wonderlike dames voorberei en afgelewer word. “Indien daar nog enige dames is wat bereid is om ook met die kokery te help, sal dit opreg waardeer word,” sê sy. “Die kos word by u eie huis voorberei en moet net voor 12:00 by die skooltjie afgelaai word, terwyl ‘n reeds uitgewerkte spyskaart beskikbaar is om sake te vergemaklik.”

Marie sê hulle beoog om dit op die speelterrein lekkerder te maak, onder andere met behoorlik sandputte wat baie stimulerend vir die kinders is. Om in die sand te speel is van groot waarde vir die kinders, veral ten opsigte van oog- en handkoördinasie. Skadunette word ook beplan terwille van die buite-aktiwiteite. “Ook hier sal ons hulp waardeer, veral deur ‘n paar manne wat dalk kan saamstaan.”

Fondse vir die bedryf van die Gansbaai Elim Huis is beperk en hulle is hoofsaaklik van die gemeenskap afhanklik. “Ek sien daardie kinders as ‘engeltjies’ wat Jesus gekies het en wat niemand kwaad kan aandoen of wil aandoen nie,” sê Marie. Met verwysing na die personeel se uitstekende werk met die kinders, nooi sy belangstellendes uit om die Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) te besoek om hulself van die aktiwiteite te vergewis.

Vir hulpverlening vanuit Gansbaai-geledere, kan Marie Reid by 083-310-1733 geskakel word.

Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis kan Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Gansbaai Elim Huis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant