Overberg Bootklub

Overberg Bootklub

Gansbaai Courant

Die afgelope naweek was weer 'n groot naweek vir Overberg Bootklub. Dit was ons 2de WP Hengelkompetisie vir die jaar, maar ook ons 1ste Suidbeen wat op Struisbaai gehengel is.

Van ons klub het daar 5 bote deelgeneem, met skippers DP Buger, Wayne Middleton, Thys Louw, Lukas Holtshauzen en Gustav Groenewald. Die bemanning was voltallig en die see gunstig vir lekker hengel. Ek glo nie daar was 'n persoon wat nie 'n vis ingebring het nie. Die kompetisie het soos gewoonlik vroegoggend afgeskop en lyne-op was 4uur die middag.

By die skaal het dit gekook en daar is mooi vis ingeweeg. Kabeljou, geelstert, rooi roman, rooistompneus en tuna het hul verskyning by die skaal gemaak. Een van die visse het dit tot by die skaal gemaak, maar kon nie weeg nie omdat die helfde van die vis deur 'n haai afgevat was. Dankie aan almal wat deelgeneem het.

Ons sien uit na die volgende byeenkoms te Struisbaai, die naweek van 21 Maart.

Riaan van Staden

Overberg Bootklub

Riaan van Staden

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant