Geelbek snoek makriel en nog ander

Geelbek  snoek  makriel en nog ander

Gansbaai Courant

Lekker om weer ‘n slaggie te kan rapporteer oor die baie mooi geelbekke wat ‘n slag goed geloop het, en om dan nog deel daaraan te hê, maak dit soveel meer aangenaam. Soos gewoonlik byt die vis meerendeel met die dag se draai, wanneer die son nog skaam is of raak. Om dan nog op ‘n beskermende plek te wees (Eiland se kant toe) met geen wind op die see, en in kalm water kan mos net ideaal wees.. Wat meer kan ‘n man vra?  Daar word so tussenin geelbek van 8+ kg.-kaliber uitgetrek, en wie sal nie hieroor spog nie? Terwyl baie van die manne wat geweet het dat die geelbek loop die kans goed gebruik het het van die ouens wat nie so op datum is nie, hulle toegespits op die makriel wat ook besluit het, nou is die tyd! Dis al of hierdie visse so bietjie lyf kry en hulle is nogal in goeie kondisie. Om alles te kroon word in die omgewing van Joubert se Dam ook snoekies gevang. Hulle is nou meestal ‘n redelike grootte en ook in goeie kondisie. En laat jy jou lyn grond toe sak is daar mooi hotties met ‘n lywige roman om alles af te rond.

Die weer gaan natuurlik die bepalende faktor wees. Waai die suidoos te veel is die vangs van veral die geelbek in die weegskaal, hoewel dit natuurlik in die guns sal tel van die kabeljoumanne. Die water moet net die regte kleur bly. Enige tyd van nou af sal hierdie visse dieper water toe neig, maar tot wanneer die winterweer met ons is sal die kans om hulle vlak aan te keer nog met ons wees. Die geelbekmanne weer sal terwyl die suidoos waai en hierdie visse aan die byt bly, baie tevrede wees, met ’n oog op die suidwes en die noordwes, wanneer toestande verander. Maar almal moet dankbaar wees dat daar wel vis is. Vir ‘n heel ruk nou al was die goed baie skaars, maar as die pap dun is moet daar geskep word.

Met die begrafnisdiens van wyle Johan de Villiers is daar verwys na sy liefde vir sy naastes asook sy noue samewerking met almal wat hy geken het, en ook sy verbintenis met die see. Almal van ons wat nog steeds hierdie voorreg geniet moet besef watter absolute seën dit is.   Groete, Seemeeu

Geelbek  snoek  makriel en nog ander

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant