Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

Gansbaai Courant

Die gemeenskap word daarop gewys dat hulle hul vuurwapenlisensies, asook hul bevoegdheidsertifikate moet nagaan om sodoende vas te stel of dit nie al verval het nie. Die sertifikate en lisensies moet drie (3) maande vóór die vervaldatum hernu word. Kennis kan ook geneem word dat dit nie nodig is om weer ‘n kursus in hierdie verband te deurloop nie. Vir enige navrae in hierdie verband kan Adj-Off René Human of Adj-Off Hester Smith by Gansbaai SAPD gekontak word.

Nalatigheid deur inwoners: Tydens verskeie geleenthede is berigte geplaas en veiligheidswenke versprei rakende waarskuwings oor die indiensneming van huiswerkers en tuiniers sonder enige agtergrondskennis oor hulle. Verskeie versoeke is ook al gerig dat afskrifte van sodanige werkers se ID-dokumente gemaak moet word, asook om te bevestig waar hulle woon. Onlangs was daar weer verskeie gevalle van diefstal deur aangestelde huiswerkers of tuiniers aangemeld, terwyl die werkgewers geen idee het van wie die mense werklik is of waar hulle woon nie. Inwoners moet ook daarop let dat die indiensneming van mense buite die Suid-Afrikaanse grense en wat oor geen geldige dokumentasie beskik nie, hulself skuldig maak aan ‘n misdaad. Die gemeenskap word weer eens versoek om die nodige veiligheidsmaatreëls in plek te hê om hul eie veiligheid, asook dié van hulle gesinne, te verseker.

Wenke help : Onlangs weer is etlike wenke deur inwoners aan Gansbaai SAPD verskaf oor misdade wat plaasgevind het. Hierdie wenke is opgevolg en het tot suksesvolle arrestasies gelei. Gansbaai SAPD wil die gemeenskap graag aanmoedig om wenke, hoe gering ookal, aan die polisie oor te dra. Dit is nie verpligtend om name, vanne en ander besonderhede te verskaf nie. Indien verdagtes in die omgewing opgemerk word, moet daar geensins gehuiwer word om dit onder die polisie se aandag te bring nie. Vertroulike inligting kan direk aan Adj-Off Mostert van Gansbaai SAPD by 028-384-0201 oorgedra word, indien mense dit nie met enige polisiebeampte wil deel nie.

Die inligting is by wyse van verskillende mediaverklarings deur Adj-Off CW le Roux beskikbaar gestel en vir navrae kan hy by 028-384-0201 gekontak word.

Hardus Botha

Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant