Baie ou geheim moet opgelos word

Baie ou geheim moet opgelos word

Gansbaai Courant

Met die Anglo-Boereoorlog op hande, loop Catriona Fraser, 'n jong meisie uit die Kaapkolonie se grensdistrikte, weer vir Rudolf Dreyer van die buurplaas raak. Sy ontdek baie gou dat hy steeds die man is wat haar hart in sy hande hou, maar wanneer sy Rudolf se onbegryplike optrede probeer verstaan, loop sy haar trompop teen 'n jarelange geheim waaroor almal wat haar ken, swyg.

Wat is die geheim van die nag toe Rudolf by haar in die grot op Ben Nevis gebly het, hy sestien en sy net agt? Hoekom is Rudolf destyds weg uit Ben Nevis, England toe, en waarom moes sy kosskool toe?

Nou vermy Rudolf haar. Hy, die Boer, en sy met haar Skotse pa. Van liefde tussen hulle is daar nie sprake nie, glo hy. Hoe kan dit? Hy betaal nou nog die prys vir daardie nag op die berg. Hoe kan sy uitvind wat sy daardie nag verkeerd gedoen het? Ondanks alles dwing hul lewens, wat lank gelede so onbegryplik uitmekaargeloop het, onkeerbaar terug op ou, bekende paaie na 'n tyd toe hulle soveel gedeel het. Al is Rudolf hoe traag om betrokke te raak, leer hulle mekaar weer ken, hierdie keer as volwassenes.

Ten spyte van die groeiende spanning tussen Boer en Brit, en ongeag haar pa se bitter haat, groei hul gevoel vir mekaar; tot op 'n punt. Uiteindelik besef Catriona sy sal die geheime van die verlede moet ontrafel as sy 'n toekoms vir haar liefde wil wen.

Reeks: Onder 'n sterrehemel is die eerste boek uit 'n tweeluik. Goue dagbreek volg dit op en verskyn in Februarie 2015.02.05

Die skrywer: Bets Smith se loopbaan begin as 'n offisier in die SA Weermag se dokumentasiediens waar sy navorsing doen oor die land se weermaggeskiedenis. Na haar troue verhuis sy platteland toe en kry later 'n pos as hoërskoolonderwyseres op Witrivier waar sy steeds na agt & twintig jaar bly.

Haar lewe lank 'n ywerige leser, veral van spanningsverhale en romanses, stuur sy in 1996 haar eerste manuskrip na JP van der Walt-uitgewers en haar eerste spanningsroman, By omdraai verby, verskyn in 1997. Sedertien het sy al 25 boeke geskryf, waaronder vier spanningsromans. Skrikkelmaan het in 2011 verskyn en Bloedspoor in April 2014.

Bets is aktief betrokke by die gemeenskap in die Nelspruit/Witrivier-omgewing en het in September 2013 'n suksesvolle lesersdag georganiseer wat deur 120 lesers bygewoon is. Die geleentheid het wye belangstelling uitgelok en persdekking gekry in streekskoerante.

Bets doen moeite om haarself te bemark op haar blog by:

http://betssmithromanseskrywer.wordpress.com/.

Wat maak hierdie teks anders? Bets se kennis van die geskiedenis is voortreflik. Sy kán 'n storie vertel en kán die geskiedenis plooi om haar stories geloofwaardig en merkwaardig te maak.

Onder 'n sterrehemel is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Baie ou geheim moet opgelos word

LAPA

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant