Oorsig van Gansbaai Sakekamer

Oorsig van Gansbaai Sakekamer

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer bestaan sedert 1999 - dus alreeds 16 jaar. Die afgelope 10 jaar was dit my voorreg om die Voorsitter te wees, maar ek het besluit om nou die leisels oor te gee. Die afgelope 10 jaar is baie projekte geloods, baie opleidingsprogramme is afgehandel en heelwat mylpale is bereik. Die afgelope paar jaar het ons besighede deur moeilike ekonomiese toestande gegaan - dit was wêreldwyd die geval - ook in Suid-Afrika en in Gansbaai.

Gansbaai Sakekamer het juis in hierdie moeilike tye hard gewerk om ons lede en die groter plaaslike sakegemeenskap te ondersteun en vele van die aksies was daarop gefokus. Opleiding het ‘n hoë prioriteit gekry. Vele kursusse is aangebied wat areas soos besigheidsbestuur, entrepreneursopleiding en die verskaffing van voortreflike diens gedek het. Die Wes-Kaapse regering se “Works & Skills” program is ook hier geloods en daardeur kon besighede ‘n maandelikse subsidie van R1,500 per person per maand ontvang wat hulle volgens die vereistes in diens geneem het - baie besighede het hiervan gebruik gemaak. Goeie sprekers is na Gansbaai gebring wat hulle kundigheid met ons kom deel het. Dit het groot byval gevind en die geleenthede is goed bygewoon.

Kundigheid is verder beskikbaar gestel deur spesialiste te betrek, soos die mentors van Ex-Change, Business Partners en die AHI. Ons het ook vir verskeie ekonomiese nuusbriewe ingeskryf wat aan ons lede beskikbaar gestel is. Die Sakekamer het by die AHI geaffilieer en hulle het die laaste paar jaar ‘n beduidende rol in Gansbaai gespeel. Hulle het verskeie kursusse aangebied, ons hoërskool se jeug ondersteun, ‘n mentor vir ons jong entrepreneurs aangestel, ondersteuning aan besighede verleen, inligting verskaf en as sprekers in Gansbaai opgetree. Noue bande is met die geestelike leiers (Fraternal) in die gemeenskap opgebou. Gereelde kontak het plaasgevind, opleidingsgeleenthede en ander aksies is saam aangepak en baie goeie wedersydse ondersteuning het plaasgevind.

Verskeie skole is met projekte en ook verskeie opleidingsgeleenthede ondersteun wat plaasgevind het. Goeie kontak met die Polisie is daargestel en ons het ‘n bestuurslid wat ons op die Polisieforum verteenwoordig. Gansbaai Sakekamer se gholfdag is reeds die afgelope 2 jaar met groot sukses aangebied. Dit het aan ons fondse verskaf om projekte te finansier en om opleiding aan te bied. Daar is ‘n baie goeie verhouding met die munisipaliteit opgebou. Ons kon met hulle in gesprek tree oor knelpunte en daar is baie projekte aangepak waarby die munisipaliteit betrek is.

Gansbaai Sakekamer het verder die inisiatief geneem en was een van die 1ste Sakekamers in die land wat ‘n MOU met hulle munisipaliteit onderteken het - so is ‘n nog meer effektiewe verhouding daargestel en ‘n forum vir gesprekke is geskep. Noue kontak en goeie samewerking het ook deurlopend met Gansbaai Toerisme plaasgevind en daar is op verskeie vlakke in belang van ons gemeenskap saamgewerk. Laat in 2014 is ‘n PACA in Gansbaai geloods. Alle gemeenskappe en rolspelers is uitgenooi om deel te neem. Ons wou die geleenthede ontgin wat Gansbaai kon benut en ook die knelpunte aanspreek wat sake vir ons moeilik maak.

Finansiering is via Minister Alan Winde bekom en die Munisipalitiet het ons ook ruim ondersteun. Uit die weeklange werkswinkels en onderhoude is 10 projekte geselekteer en aan elkeen is ‘n verantwoordelike persoon toegewys om dit te dryf. Hierdie projekte is juis dié wat op die korter termyn ‘n verskil aan Gansbaai kan maak. Gansbaai Courant het ons onbeskaamd en kosteloos ondersteun in ons aksies, die plaas van berigte en advertensies. Ons kan hulle nie genoeg bedank nie en haal graag vir Francois de Jongh aan: “Ons werk mos vir dieselfde doel!”

Die Sakekamer se ledetal het dramaties gegroei en met ‘n toegewyde bestuur het dit die afgelope tyd meer as verdubbel tot oor die 80 lede tans. Die finansies is ook baie gesond en ons was nog nooit in so ‘n gunstige posisie soos nou nie. Die hoogtepunt was sekerlik toe die AHI, Wes-Kaap die Gansbaai Sakekamer in Junie 2014 as die Sakekamer van die Jaar aangewys het. Ons het met beskeidenheid, maar met trots, die mooi skild in ontvangs geneem.

Mag hierdie eer ons net aanspoor om in die toekoms onvermoeid voort te bou op dit wat reeds tot stand gebring is. My dank gaan aan die Bestuur, ons lede en al die vele rolspelers reeds genoem, asook vele ander persone en instansies waarmee ons kon saamwerk. Dit is lekker om in ‘n gemeenskap betrokke te wees waar mense oorwegend saamwerk en mekaar ondersteun.

Dankie aan Judy (my eggenote) wat baie sonder my moes klaarkom en gereeld nie my aandag kon kry nie. Groot dank en eer aan ons Hemelse Vader - sonder Hom was niks moontlik nie! Mooi loop!

Fanie Bothma

Oorsig van Gansbaai Sakekamer

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant