Tennisnuus (12 March 2015)

Tennisnuus (12 March 2015)

Gansbaai Courant

Saterdag, 7 Maart, is die laaste wedstryd van die gemengde liga gespeel. Ons Gansbaaispan het hier op ons tuisbane teen Bonnievale gespeel. Die tuisspan het goed gespeel en 'n maklike oorwinnig van 8 -  0 behaal. Elke speler het dus sy/haar wedstryd gewen. Baie geluk.

Baie dankie ook aan die volgende spelers wat hierdie seisoen beskikbaar was en so toegewyd deelgeneem het aan die liga: Alta van Niekerk; Lyn Bouchier; Carien Gooding; Lisel Joubert; Celia van Blerck; Liandro Lodewyk ; Daniël Geldenhuys; Eben Lourens; en Gerhard Germishuys. Ons het 4 van die 5 westryde gewen. Dit is 'n uitstekende prestasie! 

Die uitslag is as volg: 1 - Ceres/KoueBokkeveld; 2 - Worcester; 3 - Gansbaai; 4 - Napier; 5 - Montagu; 6 - Bonnievale.

Op Saterdag, 28 Maart, beplan ons 'n lekker sosiale dag. Ons nooi hartlik alle oud-spelers, nuwe spelers, ou spelers (wat die rakette moet gaan afstof), jong spelers en enigiemand wat die dag saam met ons wil kom geniet en 'n potjie tennis wil speel. Ons begin al die oggend vanaf 10:00 af , maar jy sluit aan soos dit jou pas. Daar sal ligte eetgoed beskikbaar wees. R10 per speler om die balfooie te dek.

Skakel my gerus vir meer inligting. 072 117 3473

Tennisgroete, Daneel Geldenhuys

Tennisnuus (12 March 2015)

Daneel Geldenhuys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant