Varswater Hengeldame

Varswater Hengeldame

Gansbaai Courant

Sandrie Wessels van Perlemoenbaai het maar sowat 3 jaar gelede met varswaterhengel kennis gemaak, maar het lankal reeds bewys sy kan haar “vrou kan staan” agter die visstokke vir Suid-Kaap.

Onlangs, vanaf 9 tot 11 Februarie 2015, het Sandrie aan die SA’s te Bloemhof deelgeneem en dit was die eerste keer wat Suid-Kaap ‘n damespan gestuur het. “Ons het in die President A Afdeling deelgeneem en daar was ‘n totaal van 7 spanne, met 8 per span, plus die Bestuurder en Kaptein,” vertel sy. Die span waarby Sandrie ingeskakel was, het 3de geëindig. Syself het ‘n totaal van 23 visse gevang met ‘n massa van 18.23kg.

‘n Tyd gelede, 30 tot 31 Januarie 2015, het Sandrie aan die Cape Coastals deelgeneem. Dit was ‘n “nuwe” kompetisie waarby WP, OP en Suid-Kaap betrokke was. Sandrie kon beslis tevrede gevoel het, aangesien sy in die wenspan was, maar sy het ook as individu ingeskryf. Individueel het sy 2de geëindig met ‘n sak van 10 visse en ‘n massa van 9.89kg. “Dit was onplesierige weer en op die tweede dag het ons lekker natgereën,” vertel sy. Dit is verblydend om weer van varswaterhengel te hoor en Gansbaai Courant se sportblaaie kan gerus dopgehou word vir meer varswaterhengel-nuus in die toekoms.        

Hardus Botha

Varswater Hengeldame

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant