Gansbaai Courant

Blog: Overberg Bootklub hou Gansbaai se naam hoog

Published: 19 March 2015
By:Hardus Botha

Op Vrydagaand, 18 Maart 2015 het die Westelike Provinsie Hengel Vereniging sy lede beloon vir hul prestasies gedurende die 2014 hengeljaar.

 “Ons is baie trots op hierdie lede van die Overberg Bootklub wat as die kleinste klub in die WPDSAA fantasties presteer het,” sê DP Burger, voorsitter van die klub. Die trotse ontvangers van sertifikate en trofeë is Amanda van Staden (SA Dames rekord vir ‘n rooi stomp, asook WP Top Dames Hengelaar vir die jaar), Koos de Kock (vir ‘n allermintige 30 jaar diens as Veiligheidsoffisier vir WPDSAA), Robert Dahl (nuwe All Africa en WP Junior rekord vir geelstert, asook die swaarste vis ingeweeg deur ‘n Junior), Divan Burger (1ste plek Junior algeheel vir 2014), DP Burger (grootste vis WPDSAA vir 2014) en Anton Kriel (SADSAA en WPDSAA rekord wit steenbras). “Ons is sommer baie trots op hierdie presteerders,” - Bestuur van die Overberg Bootklub.

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...