100 jarige se avonture

100 jarige se avonture

Gansbaai Courant

Mens sou kon dink dat die ouderdom van 100 jaar “nie jou speelmaat” is nie, maar die 100-jarige Georgina Harwood van Rondebosch in die Kaap sien vir veel meer kans as menige jonger dames. Georgina is op 10 Maart 1915 gebore en tydens die onderhoud het sy beklemtoon dat sy ‘n Suid-Afrikaanse burger is en baie trots daarop is.

Wat haar onlangse avonture betref, het sy op versoek besluit om dit as ‘n fondsinsame-lingsprojek ten bate van Sea Rescue (NSRI) aan te pak. “Ek het nog altyd by die see gewoon en koester groot respek vir NSRI se reddingswerk wat hulle doen,” sê sy. Eers was dit haar tandem-valskermsprong (haar derde een) wat sy met sukses afgehandel het. “Vir my 100ste verjaardag het ek saam met vriende en familie met Tafelberg se kabelkar opgegaan om my verjaardag daar saam met vriende te vier,” vertel se trots.

Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust het van haar gehoor en gesê hy skenk R5,000 aan NSRI as sy bereid sou wees om hierheen te kom en in ‘n haaikyk-hok af te gaan. Sy het nie op haar laat wag nie en is op Maandag, 16 Maart 2015 op Marine Dynamics se Slashfin see toe - in ‘n duikpak en gereed om na die Grootwithaaie onder water te kyk. Dit was baie reënerig en sy sê sy sou ‘n sonskyndag meer waardeer het, maar het nietemin saamgegaan. “Ek was bevoorreg om soveel haaie te kon sien en ek beskou daardie avontuur as ‘n baie spesiale ervaring - veral toe ek hoor die haaie het name en ek kon na ‘Ingrid’ kyk,” vertel sy.

“Ek hoop sulke ervaringe sal mense help om haaie te waardeer, asook die moeite wat gedoen word om hulle te bewaar.” Dit was ‘n belewenis om ‘n onderhoud met hierdie klein en tingergeboude vroutjie te voer en haar lewenslus te aanskou, met energie wat behoorlik uit haar straal. Georgina het 4 kinders, 14 kleinkinders en 11 agter-kleinkinders. “Jy sal my nie glo nie, maar op 100 leer ek steeds elke dag!” was haar afsluitingswoorde.

Hardus Botha

100 jarige se avonture

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant