Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

Gansbaai Courant

 “Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade.  Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die HERE, soek gedurig sy teenwoordigheid.” (Psalm 105:2-4)

Hierdie week het daar baie mense gereageer op verlede week se UIT DIE WOORD wat graag wil weet hoe ons dan meer en meer die HERE se teenwoordigheid in ons lewe kan beleef. 

Of hulle twyfel dat GOD teenwoordig is óf hulle weet nie hoe dit moet voel om GOD se teenwoordigheid te beleef nie. Daarom wil ek hierdie week verder gaan met die uiters belangrike geloofsaak, naamlik: Soek die HERE se teenwoordigheid in jou lewe.

Jy kan met niemand ’n verhouding hê as jy nie daardie persoon baie goed ken en ook genoeg tyd in sy geselskap deurbring nie. Hoe kan ’n ouer en kind ’n hegte verhouding hê as hulle min of nooit met mekaar praat nie. Geen huwelikspaar kan ’n intieme en gesonde verhouding bou sonder daaglikse kommunikasie nie. Dis onmoontlik om ’n goeie werksverhouding as werknemer en werkgewer te handhaaf as julle mekaar nie respekteer nie. Daarom is dit ook baie belangrik dat jy as kind van GOD daagliks met Hom in gesprek tree en tyd in Sy teenwoordigheid spandeer. Ek weet jy sê dadelik : “maar ek kan GOD nie sien nie! Ek hoor nie as Hy met my praat nie!” Maar wat jy net moet aanhou doen, is om tyd te maak om GOD se Woord te lees en met Hom te praat oor wat in jou binneste aangaan. Abraham, een van die eerste gelowiges waarvan die Bybel praat het geweet dat hy moet eenkant toe aan om die teenwoordigheid van GOD op te soek. “Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die HERE gestaan het.” (Gen 19:27) Ja, maak tyd vir gesprek met GOD – en glo jy maar net dat Hy jou hoor en deur Sy Gees weer in jou werk. Hoe meer jy dit doen – hoe meer ervaar jy GOD se teenwoordigheid en Sy liefde! Kry vir jou, soos Abraham,  ’n plek waar jy rustig en ongestoord in GOD se teenwoordigheid kan wees. Dit hoef nie ’n plek buite jou huis of eenkant te wees nie – GOD is in jou siel teenwoordig en jy sal Hom in jou binneste vind.

Probeer gerus meer tyd maak om stil te word en met GOD te praat. Maak dit ’n gewoonte. Sommer daar voor die stoof, in jou motor, of as jy in die bed lê. Maak oop jou hart en ervaar GOD se teenwoordigheid. Hy is daar! Hy wil met jou ’n besonderse verhouding hê!

Hy het dit in Sy Woord belowe – en GOD is getrou! Hy sal deur Sy Gees by jou en in jou wees!

Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant