Besoek aan Okkie Smuts Koshuis

Besoek aan Okkie Smuts Koshuis

Gansbaai Courant

Laerskool Okkie Smuts in Stanford se koshuis is onlangs deur ‘n groep afgevaardigdes van die NG-gemeente se Vrouediens besoek. “Dit het al ‘n jaarlikse instelling van die Vrouediens geword om tee daar te gaan drink en navraag te doen oor bepaalde behoeftes,” vertel Stienie Geldenhuys, leier-afgevaardigde van die Vrouediens.

Tans is daar 54 koshuisleerders, met Gerrit en Adana Geldenhuys as die koshuisouers vir die afgelope 15 jaar. “Die koshuis is voortdurend besig met fondsinsamelingsprojekte om 11 van die leerders, waarvan 5 Gansbaaiers is, se kostes te probeer borg. Die Vrouediens deel hulself in groepies op wat dan op ‘n weeklikse basis kruideniersware aan hulle oorhandig, met tweedehandse klere wat ook verkoop word. Die koshuis sit egter nie met gevoude arms en wag vir hulp nie - hulle pak self ook fondsinsamelingsprojekte aan, soos onder andere worsrolletjie-verkope.

“Onlangs was daar ‘n anonieme persoon wat R25,000 vir kruideniersware geskenk het, wat ‘n welkome verligting tot gevolg gehad het, asook nog een wat telkens met R3,000 na vore tree.” sê Stienie. “Subsidies van die Staat is tot die minimum beperk.” Dit blyk dat kruideniers- en toiletware die grootste deel van die 54 koshuisleerders se behoeftes is. Gerrit en Adana het hul opregte dank en waardering teenoor alle donateurs uitgespreek, asook met verwysing na besoeke soos deur die Vrouediens.

Vir navrae en/of bydraes, kan Stienie Geldenhuys by 079-856-2033 gekontak word, of sy kan Vrydae by die Woekermark in die Pretoriussaal besoek word.

Hardus Botha

Besoek aan Okkie Smuts Koshuis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant