Koue water en vis is nie pelle nie

Koue water en vis is nie pelle nie

Gansbaai Courant

Watter vis daar is? Die “gewone” is maar altyd daar, en nou word bedoel die vis wat normaalweg so tussen die goeie tye gevang word. Weens die weer is die water op die oomblik hier om en by die 11, 12 grade  --  en dit is beslis nie goeie nuus nie! Die gevolg is as jy nou die boot se neus die see in stoot is jou kans om goed vis te vang, maar skraal. En tog weet ek van manne wat dit nie meer kon hou nie en besluit het, koue water of te not, ek gaan see toe. En dis ‘n feit hy het maar gesukkel, maar op die ou einde tog op ‘n plekkie beland waar hy hotties gevang het wat grotendeels goed oor die een kilo was  --  en daar was nie ‘n skaarste aan hulle nie. Dis mooi en rondvet-hotties. Dit is mos kwepertyd so die mooi kondisie is te verwagte, maar die vraag bly, hoekom byt die vis op een plek so goed terwyl dit ‘n gesukkel afgee op omtrent enige ander plek. Wat maak hier die verskil? Wat nou na uitgesien kan word is wanneer hierdie lekker braaivis weer goed aan die byt gaan.

Intussen lyk dit asof snoek die hasepad gekies het maar makriel was Maandag weer volop. Op hierdie stadium is daar weer onweer aan die kom en indien dit gepaard gaan met die regte wind kan enige tipe vis weer besluit om aan die byt te gaan. Daar is steeds van die baie klein kabeljoutjies in die omtrek en so nou en dan kom wys ‘n groter een dat hulle ook hier ronddwaal. My raad is, ‘n groter hoek en ‘n ordentlike aas, geduld en vasbyt. As jy daardie ou bul in die boot lig is die Kaap weer Hollands!

Enige ou wat al ’n baber gerook of sommer net in die pan gegooi het sal kan getuig dat jy nie jou neus daarvoor moet optrek nie. Die groot beswaar is gewoonlik dat jy die vis se vel moet aftrek. Nie waar nie. Lê die baber op sy rug en met ‘n skerp mes sny vanaf onder die pens daardie hele gedeelte uit, met ingeslote die kop en ook daardie gevaarlike pen agter die nek. Nou kan jy daardie vis rook, vel en al  --  dié skuif nou sommer losweg af. Probeer gerus en geniet dit!

Groete, Seemeeu

Koue water en vis is nie pelle nie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant