BARC spog met Nuwe Bakkie

BARC spog met Nuwe Bakkie

Gansbaai Courant

“Baie dankie aan Jan van Tonder van J & A Paneelkloppers in Gansbaai wat ons bestaande bakkie so pragtig oorgedoen het.”

Annalie sê die bakkie het al begin “uitmekaarval” van al die roes. Jan het die roes uitgehaal en al die stampplekke reggemaak en BARC het slegs vir die spuitverf betaal. Sy bedank ook graag vir Vera Swart van Franskraal wat ‘n Valentynsete ten bate van BARC by haar huis aangebied het. Vera en haar eggenoot, Dawie, het ‘n paar vriende genooi en die groep het die mooi bedrag van R4,000 aan BARC geskenk vir die aankoop van boumateriaal vir die ekstra hokke vir die honde, asook vir die vergroting van die "Cattery". Sy rig ook ‘n opregte bedanking aan almal wat skenkings aan BARC se tweedehandse winkel langs Kekkel en Kraai doen. “Dit word opreg waardeer en die winkel se inkomste is ‘n belangrike bron vir BARC se volhoubaarheid.”

Dan is daar weer ‘n lootjielys vir ‘n heel skaap teen R20 ‘n lootjie in omloop. Die trekking vind die einde van Mei plaas. Persone wat met die verkope daarvan wil help, kan vir Annalie kontak.

“Ek wil net beklemtoon dat alle fondsinsamelings nie noodwendig vir 'n spesifieke projek bedoel is nie,” sê Annalie.

“Daar is lopende kostes soos salarisse, elektrisiteit, dierekos, brandstof, onderhoud aan voertuig en hokke betrokke, asook ons grootste uitgawe wat veeartskostes is, maar gelukkig is ons veearts baie geduldig met ons.”

Voorts poog BARC ook om jaarliks ‘n Gratis Sterilisasie Projek te loots, waarvan die kostes deur hulself gedra word. Antonie is nie meer by BARC werksaam nie en Gavin Hughes dien nou as volwaardige Veldwagter.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC spog met Nuwe Bakkie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant