Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer se Algemene Jaarvergadering, gepaardgaande met ‘n geselligheid en ‘n ete deur McClarke’s Hide-Away van Marina Clarke in die Birkenhead Boothengelklub se saal, het goed verloop - met die grootste gedeelte van die ou bestuur wat besluit het om uit te tree en plek vir ‘n nuwe bestuur te maak.  

Die uittredende voorsitter, Fanie Bothma het almal verwelkom, waarna hy sy Voorsittersverslag volledig aan die lede en gaste voorgehou het. “Die afgelope jaar was nog ‘n goeie jaar vir Gansbaai Sakekamer - ons het ‘n hele aantal suksesvolle projekte hanteer, ons ledetal het verder gegroei en ons finansies lyk goed,” het hy gesê. Hy het ook daarna verwys dat die algemene ekonomiese situasie steeds moeilik is, insluitend Gansbaai, “maar daar is wel ligpunte wat net benut moet word.” Fanie het alle bedrywighede en inisiatiewe wat suksesvol deur die Sakekamer gereël is, of self deur hulle aangepak is, uitgelig en bespreek - vele daarvan en alles inisiatiewe waarop Gansbaaiers net trots kan wees.

“Uit die projekte vanuit die PAC is 10 fokuspunte geselekteer wat sake behels wat ‘n groot verskil aan Gansbaai op die korttermyn kan maak,” het hy onder andere gesê.

Hy het ook na langtermyn inisiatiewe, plaaslike besigheids-forums, vermindering van rompslomp in die regering, toerisme, affiliasie met die AHI en die AHI Kongres verwys. Een van die vele hoogtepunte was die toekenning wat die Gansbaai Sakekamer as “Sakekamer van die Jaar” ontvang het. “My opregte dank gaan aan die Sakekamer Bestuur vir julle ondersteuning en mooi gees van samewerking, Overstrandse Munisipaliteit en die Gansbaai Administrasie, Gansbaai Courant en Gansbaai Fraternal.”

Daarna het Fanie foto’s van etlike hoogtepunte oor jare heen aan die gaste vertoon. In haar toespraak het raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Gansbaai Sakekamer geloof vir die sigbare suksesse wat hulle behaal het en haar vertroue uitgespreek dat die opvolgers daarop sal voortbou.

Blyke van waardering is aan die volgende persone oorhandig: Coenie Groenewald (Overstrandse Munisipale Bestuurder), Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester) en Kat Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie).

Die nuwe Bestuur wat gekies is om hierdie taak uit te voer, is: Kobus van Staden (voorsitter), Diana Smit (sekretaris), Johan von Wielligh (tesourier) en bestuurslede DJ Heyns, Glenda Kitley, Hein van Wyk en Juanita Hage.

“Nou, ná 10 jaar as Voorsitter, het ek besluit om my nie weer verkiesbaar te stel nie en ek bedank almal van u vir die vertroue wat gestel in my en in ons as u bestuur gestel is,” het Fanie gesê.  

Hardus Botha

Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant