Vis sluk 43 perlemoentjies

Vis sluk 43 perlemoentjies

Gansbaai Courant

“Ek het ‘n mooi Hotnotvis naby Joubert se dam gevang, maar met die oopsny van hom was daar 43 klein perlemoentjies in hom,” vertel Frans de Wet van Franskraal.

Gansbaai Courant het by Wilfred Chivell, Hennie Otto en Philip Fourie oor hierdie interessantheid gaan kers opsteek. Hulle is dit eens dat dit miskien nie algemeen voorkom nie, maar dat dit ook nie ‘n uitsondering op die reël is nie. Voorts stem hulle ook saam dat dit nie perlemoen is wat kommersieël geduik word nie, maar wel “siffies”, wat veel kleiner is.

Philip verwys na Two Oceans, a guide to the Marine Life of Southern Africa, wat na twee soorte “siffies” in hierdie geweste verwys: Siffie, ook bekend as Venus Ear (Haliotis spadicea) wat tot 80mm groot word; Spiraal-rif siffie, ook bekend as die Spiral ridge siffie (Haliotis parva), wat heelwat kleiner is as die Venus Ear. “Dit is hierdie siffie wat soms in hotnotvisse gevind word,” sê Philip.

Wilfred en Hennie stem saam en maak die opmerking dat die klein siffies maklik in die mis uitgeskei word, al mag dit dalk nie so lyk nie.

Gansbaai Courant het ‘n tweede vraag aan die drie here gevra: Wat is die korrekte benaming van ‘n hotnotvis? Hennie het gesê dit is die Pachymetopon blochii, wat ook bekendstaan as die Kaapse galjoen en die Black bream. Francois de Jongh, Uitgewer: Gansbaai Courant, het in ‘n boek uit toeka se dae, die Africanderisms: A glossary of South African colloquial words and phrases (1913), die volgende interessante inligting uitgewys: Die woord “Hangberger” word soos volg beskryf: “A Cape Peninsula name for the Hottentot fish, sometimes corrupted to Hamburger. Fleming ascribes the name to the fact of the fish ‘being chiefly taken in deep water, near a place called Hangberg (overhanging rock)’; others derive the name from the fish’s habit of frequenting rocky ledges". Dus blyk dit dat “Hangberger” die oudste naam vir ‘n hotnotvis is, ‘n feit wat min mense waarskynlik van bewus is.

Hardus Botha

Vis sluk 43 perlemoentjies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant