Gansbaai Mini atletiek

Gansbaai Mini atletiek

Gansbaai Courant

Verlede jaar se instelling van ‘n Kleuter Atletiekdag is vanjaar op 21 Maart 2015 herhaal: Gansbaai Mini-atletiek.

Om vasberade kleuters op hul “eie” atletiekdag dop te hou, is ‘n belewenis. “Die verskillende items is weer in Roundrobin-verband aangebied, wat dus beteken het dat elke kleuter aan al die items kon deelneem,” sê Hanneke de Wet, koördineerder van die Sportdag vir Kleuters op Laerskool Gansbaai se sportgronde. Deelnames het elke 10 minute roteer en alles was puik georganiseerd.

Deelnemende skole was Buzzy Beez Stanford, Coolkidz, De Kleine Gansies, Flower Valley, Gansbaai Primer (Gr R), Laerskool Gansbaai (Gr 1-3), Laerskool Gansbaai (Gr R), Laerskool Okkie Smuts (Gr 1-3) en Wielie Walie plaasskooltjie. “‘n Rekordgetal inskrywings is ontvang: 216, waarvan 135 kleuters en 81 grondslagfase-leerders,” sê Hanneke.

Vanjaar se deelnemers het medaljes ontvang, met dank aan die volgende borge daarvoor: Dr HC Barnard, Fisio HM De Wet, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Lumber City, Midas, Overberg Agri Stanford en Overcell.

Die items is aangepas vir die kleuters, en was kortafstand (80m), langafstand (200m), hekkies (50m), aflos (60m), verspring, gewigstoot (boontjiesakkies), hoogspring (poolnoodle + matras) en spiesgooi (bal met stert). Die kosstalletjies is soos volg beman: Laerskool Gansbaai (snoepie), Ouervereniging (pannekoek), Coolkidz (koek, vetkoek, ens), De Kleine Gansies (hotdogs) en Flower Valley (waatlemoenstokkies en mielies).

“As gevolg van die vroeë-oggend reën het 55 kinders nie opgedaag nie, maar die res is nie afgesit nie en die dag het piekfyn verloop,” sê Hanneke. Met die Grondslagfase is leerders geïdentifiseer wat elk ‘n veelsydigheidsertifikaat en ‘n groot paaseier vir die beste algehele prestasie vir al 8 items ontvang: Dogters - o/7 (Joy Hans); o/8 (Joani-Lee Vos en Elizabeth Wessels); o/9 (Nel Stieger). Seuns - o/7 (Stefan Stieger); o/8 (Phillip Olivier); o/9 (Lephelo Dyoli); o/10 (Leo Don).

Die aangepaste reëls het veral die Grondslagfase-leerders blootstelling gebied om van vroeg af ‘n liefde vir atletiek te kweek. “Baie dankie aan al die kleuterskole vir die bemanning van die punte, met die personeel van Laerskool Gansbaai wat uitgesonder kan word vir hul flink en vriendelike behulpsaamheid - dankie dat julle jul vakansie dag so opgeoffer het vir die jeug!” sê Hanneke.

Hardus Botha

Gansbaai Mini atletiek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant