Gansbaai Courant

Blog: Finalis in Miss Cape Town

Published: 26 March 2015
By:Hardus Botha

Aimelize Geerdts (15), ‘n Gr 9 leerder van Gansbaai Academia, is onlangs as Junior Teen Miss Cape Town (13-15 jaar) aangewys.

Alle gelde of nie-bederfbare voedsel wat Aimelize insamel gaan aan Imfundo Educare, Rolemodels Foundation (084-422NPO). “Asseblief Gansbaai gemeenskap, ondersteun die meisiekind wat ‘n verskil wil en gaan maak in ons eie gemeenskap, asook in elke kindjie se lewe wat nou die geleentheid op onderrig het,” sê haar ma, Nettie Geerdts. “Hulle het al vier kleuterskole waar hul na die kinders omsien sodat hulle skoolgereed kan kom, met voedsel wat ook aan hulle verskaf word.”

Sy sê die meeste mense wat daar werksaam is, is vrywilligers. Die kleuterskole is in Worcester, Bloemfontein, Boksburg-Noord en Malabar, Port Elizabeth.

Op 18 April 2015 is dit hulle Gala-aand wat in Belville sal plaasvind en kaartjies kos R120-00 per persoon.

Vir meer inligting oor die pageant en wat die finaliste alles moet doen, kan die organiseerder, Juanita Smit by 079-253-3434 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by pro@rsafoundation.org.za.

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...