Leersame opvoerings

Leersame opvoerings

Gansbaai Courant

Gansbaai Primêr se leerders is onlangs tydens twee geleenthede met leersame opvoerings bederf. Eers was dit die Dept van Rampbestuur wat veiligheidswenke rakende brande en vloede by wyse van ‘n toneelstuk aan Gr R-7 leerders oorgedra het.

In die geval van ‘n vloed, is die volgende veiligheidswenke verskaf: Beweeg na hoër gronde en bly weg van vloedwaters af; Moet nooit in vloedwater speel of probeer swem nie; Brûe moet nie gedurende vloede oorgesteek word nie; Let op vir slange en ander gevaarlike diere in vloedwaters. Met verwysing na brandgevare, is die leerders gewys op die gevare om met vuurhoutjies of aanstekers te speel; Om weg te bly van paraffien en ander brandstowwe af; Om in die geval van gewone klein vuurtjies altyd sand of water byderhand te hou; Om te “stop, rol en afskeur van klere" indien dit aan die brand raak.

Op hulle beurt het die ATKV ‘n “Stop! Dink! Doen!” toneelstuk vir die leerders opgevoer. Die fokus is op belangrike besluitnemings en die uitbou van goeie karaktereienskappe in elke leerder se lewe geplaas. Die belangrike doel van die toneelstuk was om die aandag daarop te vestig dat leerders te alle tye daarop ingestel moet wees om goeie burgers van Suid-Afrika te wees.

In altwee die onderskeie opvoerings het die “karakters” helderkleurige uitrustings gedra en hulle toneelspel was van so ‘n aard dat die leerders se aandag behoorlik vasgevang is, terwyl leerders ook in enkele gevalle by die toneelstukke ingetrek is.  

Hardus Botha

Leersame opvoerings

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant