Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

Gansbaai Courant

“Die nuutaangestelde SAMSA Ondersoek-/Veiligheidsbeampte vir Gansbaai is Norman Kemm,” sê Koos de Kock, SADSAA Ondersoek-/Veiligheidsbeampte.

“Norman woon in Franskraal en is reeds etlike jare ‘n lid van die Overberg Boothengelklub.” Norman is deur SAMSA/SADSAA in genoemde pos aangestel. “Norman het gedurende Februarie vanjaar altwee die SAMSA/SADSAA kursusse en eksamens met lof geslaag en gedurende Maart het hy sy SAMSA prakties ook geslaag om vir die pos in aanmerking te kon kom,” sê Koos.

“Sedert ek uit genoemde pos uitgetree het, het daar ‘n leemte vir die ‘survey’ van sport/ontspanning en kommersiële visvangbote onstaan wat booteienaars behoorlik laat rondskarrel het.” In ‘n onderhoud met Gansbaai Courant het Norman gesê dat hy vir 43 jaar by die Suid-Afrikaanse Weermag se Spesiale Magte as ‘n Maritieme Bevelvoerder: Tegniese Offisier betrokke was, waar hy in 2011 as Kolonel afgetree het en hulle na Franskraal verhuis het. Hulle huis is al in 2006 gebou, maar  hulle besoek Gansbaai al vir die afgelope 55 jaar.

“Norman sal vir die ‘survey’ van bogenoemde bote verantwoordelik wees, terwyl hy ook as ‘n 2de Veiligheidsbeampte vir die Overberg Bootklub as ‘n ‘backup’ vir die huidige een aangestel is,” sê Koos.

“Norman kan by 071-898-2470 of 028-388-0187 gekontak word, maar booteienaars kan steeds vir my ook by 082-690-1835 skakel indien hulle vashaak,” sê Koos.

Hardus Botha

Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant