Franskraler wen Spogmotor

Franskraler wen Spogmotor

Gansbaai Courant

 “Wat die verrassingsaspek nog groter gemaak het, is dat ek en my eggenote, Angeline, gedurende ons gesamentlike diensjare van 71 jaar by Telkom gereeld vir kompetisies ingeskryf het, sonder dat ons ooit iets gewen het,” vertel ‘n opgewonde en dankbare Gerhard Roux van Franskraal wat gedurende Oktober sy 70ste verjaardag sal vier. Hy is die gelukkige wenner van Arrie Nel Apteekgroep, waarvan Gansbaai Apteek deel vorm, se splinternuwe Toyota Etios 1.5ltr, ‘n “geskenk” wat sekerlik nie te versmaai is nie. “Ek bedank graag die Arrie Nel Apteekgroep, vir Fanie Viljoen en sy personeel vir vriendelike diens en Du Plessis Du Toit van Riversdal Toyota vir hierdie eer wat my te beurt geval het,” sê Gerhard. Die kompetisie het op 15 Januarie 2015 begin, met 52 motors wat weekliks gewen moet word. Elke maand, om en by die 24ste van daardie maand, word 4 wenners vir die maand getrek en deelnemers moet sorg dat hulle gedurende daardie tyd by hul fone is of dis neusie verby. Inskrywings word toegelaat vir elke R100 se aankope en wenners ontvang hul motors by die apteek waar die aankope gedoen is. Meer inligting kan op Arrie Nel Apteekgroep se webtuiste by www.arrienelapteekgroep.co.za gekry word en Gansbaai Apteek se kontaknommer vir verdere navrae is 028-384-0637.

Hardus Botha

Franskraler wen Spogmotor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant