Huis Breda se Versorgingsdiens

Huis Breda se Versorgingsdiens

Gansbaai Courant

 “Ons wil graag vir een van ons inwoners, Tannie Jenny Dempster baie gelukwens met haar 74ste verjaardag op Maandag, 30 Maart,” skryf Eva Büchner van Huis Breda Versorgingshuis. Vreugde en gesellighede tydens verjaardae van inwoners, asook ander heuglike gebeurtenisse geniet altyd aandag in Huis Breda Versorgingshuis.

Op dié besonderse dag in Jenny se lewe, is daar gesellig saamgekuier en geëet, met Eva se eggenoot, Dirk, wat verdere luister met sy bekende kitaar en sang daaraan verleen het. Huis Breda is ‘n versorgingshuis wat in 2009 in Gansbaai omgewing geopen is en tans in De Kelders bedryf word.

“Die versorgingshuis word soos ‘n groot familiehuis bedryf, met baie persoonlike aandag, goeie kos en kwaliteit aandag aan ons bejaardes,” sê Eva. “Ons is bietjie beperk met ver uitstappies, maar ons stap gereeld buite met die bejaardes en bied ook aktiwiteitsprogramme aan.”

Belangstellendes kan hulle gerus op Facebook volg by “Wie maak Gansbaai lekker”. Eva sê hulle beskik oor ‘n goed-opgeleide versorgingsspan met deeglike ondervinding wat onder leiding van Suster Brandt diens verrig. Hulle bedank graag vir Eben Visser van Secma wat ‘n klokkiestelsel geïnstaller en waarvoor groot dankbaarheid gekoester word.

Belangstellendes wat graag betrokke wil raak of skenkings wil doen, kan vir Eva Büchner by 028-384-0884 of 079-319-1755 skakel, of stuur 'n e-pos aan haar by completehomecare@vodamail.co.za

Hardus Botha

Huis Breda se Versorgingsdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant