Vrede begin met 'n glimlag

Vrede begin met 'n glimlag

Gansbaai Courant

“Die Bietoubossers het die gaste in ‘n gees van ‘vrede met ‘n glimlag’ deel die komende Paasfees gemaak met die dek van tafels op ‘n interessante wyse met paaseiers en  paashase,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Anita Huisamen, Annette van Zyl en hul span het aan die besoekers gedemonstreer hoe ‘n mens pragtige Paasversierings sonder veel omhaal kan maak.” Sy sê al die oumas wat hul kleinkinders vir die Paasnaweek verwag, het beslis ‘n paar goeie idees gekry. “Almal het dit ook insiggewend gevind hoe die paaseiers en -hase by ons Christen Paasfees kan aansluit.” Heerlike eetgoed en lekker gesels was natuurlik deel van die saamkuier. Elizma sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, is genooi om hulle oor al die nuutste bedrywighede by die Toerismeburo in te lig. “Ons kan voorwaar trots wees op ‘n op-en-wakker Toerismeburo en besoekers aan Gansbaai, asook inwoners, kan gerus aangemoedig word om ‘n draai by die Gansbaai Toerismekantoor vir vele besienswaardighede te gaan maak,” sê Elizma. Die klub se volgende byeenkoms is op 14 April 2015, maar by Huis Herberg-aan-See en nie in die Kleinsaaltjie nie. Die agterste ingang in Hoopstraat moet gebruik word. Tydens daardie byeenkoms sal die klub se Omgee-projek vir 2015 bevestig word, naamlik die verfraaiing van die Tehuis se tuin onder leiding van Aletta Löchner. “Elke teegroep gaan ‘n struik plant en almal kan dus gemaklike klere aantrek.”

Sy sê die gate vir die struike sal gelukkig vooraf gegrawe word. Leonie Botha het weer aangebied dat sy die lootjie sal reël - die gelukkige trekker sal ‘n gratis naweek in die Tehuis wen! “Teegeld gaan dié keer aangewend word om die koste van die aankoop van die plante en kompos te dek, asook vir die toekomstige onderhoud daarvan.”

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Vrede begin met 'n glimlag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant