Eers dood dan die ware lewe

Eers dood dan die ware lewe

Gansbaai Courant

“Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.” (1 Kor. 15:36) 

“want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.” (Fil. 1:21)

Die Christelike geloof is darem ’n snaakse geloof, is dit nie? Alles klink so heeltemal anders as die ander gelowe wat jy in die wêreld kry. Kyk nou maar na die vers hierbo: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins” (Fil. 1:21) Op ’n plek sê Jesus: “want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.” (Luk 9:24) Hoe is dit moontlik? As jy doodgaan is dit vir jou ’n wins? Jy moet jou lewe verloor sodat jy dit kan behou? Die wat laaste is, sal eerste wees? Snaaks nê? Ons dien die enigste ware GOD wat daar is, maar Hy laat Sy geliefde Seun deur die grootste pyn en smart gaan en laat Hom aan ’n kruishout vasspyker! Jong, nou raak dit nog meer eienaardig vir my! Wat dink jy?

As kinders het ons grootgeword met die “Liewe Jesus” – gebede. Dit het só mooi en romanties geklink om te bid en ons hartjies vir Jesus te gee. Alles was só mooi! Maar soos ons ouer geword het en die pyn en lelike kant van die lewe leer ken het, het ons al meer besef dat alles nie só mooi en maklik is nie. Totdat ons almal op ’n dag voor die kruis gaan stilstaan het, opgekyk het en gesien het hoe verskriklike lyding Jesus moes deurgaan. En as jy mooi daaroor nadink besef jy dat jy en ek die oorsaak was hoekom Hy moes sterf. Die kruisiging het nie sommer gebeur nie – dit was spesiaal vir jou en my! Jesus moes sterf – sodat deur Sy dood en opstanding daar vir ons ’n nuwe lewe kon begin.

Dis nou vir my al amper verstaanbaar wat by Golgota gebeur het: ’n Saadjie wat in die grond geplant word moet eers doodgaan voordat daar ontkieming en groei kan plaasvind. Dis die wet van die natuur. ’n Ou boom sterf en verrot en gee weer nuwe lewe aan die grond waar dit val. Netso moet ek en jy eers die ou, sondige lewe afsterwe, sodat ons, gevul met die Heilige Gees, kragtig kan begin lewe in die Naam van Jesus Christus. Jy moet eers iets opgee, weggee, voordat jy die ware lewe in Jesus Christus kan kry!

Moet nie toelaat dat hierdie Paastyd verbygaan sonder dat jy heeltemal doodgegaan het nie. Sterf jou eie selfsugtige begeertes en gedagtes af sodat jy gevul kan word met nuwe, liefdevolle gedagtes en optredes. Die kruisiging van Jesus het net één maal gebeur – maar jy moet elke dag jou weer en weer aan GOD oorgee! Doen dit asseblief!

Eers dood dan die ware lewe

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant