Koorsang betower

Koorsang betower

Gansbaai Courant

Die twee kore van die NG-gemeente en die VGK-gemeente het weer eens gewys waartoe ons plaaslike kore in staat is. Die VGK-koor het op hul kenmerkende wyse sonder musikale begeleiding gesing en dit laat mens telkens verstom staan om daarna te luister.

Die NG-koor, onder leiding van Aletta Löchner en met begeleiding deur Annaline Reinke was ook weer op hul stukke en altwee die kore het pragtige en welverdiende applous in die volgepakte VGK-kerkgebou ontvang. Die geleentheid was die gereelde gesamentlike Eredienste van die VGK- en NGK-gemeentes.

Hierdie keer het dit in die VGK-gemeente in Blompark plaasgevind, met die kerk wat volgepak was deur altwee gemeentes se gemeentelede. Ds Dirk van Dyk het die diens waargeneem en sy boodskap op Eff 2:22 baseer. Hy het na die omstandighede tussen Jood en nie-Jood verwys waar vyandskap aan die orde van die dag was.

“Met die koms van Christus en sy sterwe aan die kruis, het sy bloed hierdie verskil oor grense heen uitgewis,” het ds van Dyk gesê. “Christus het sy bloed op so ‘n wyse gestort, dat die Here gesamentlik en sonder onderskeid aanbid kan word, soos wat vandag weer die geval is.” Na afloop van die gesamentlike Erediens, is daar gesellig saam verkeer met heerlike verversings wat deur Blompark se VGK-susters voorgesit is. 

Hardus Botha

Koorsang betower

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant