Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

Gansbaai Courant

Die Besigheidsliga, wat oor die afgelope sewe weke gestrek het, het op Woensdag 25 Maart tot 'n einde gekom.  Hierdie kompetisie bring besighede op 'n sosiale vlak in verbinding met mekaar en nuwe vriendskappe word gesmee.  Vriendskappe wat lank na afloop van die kompetisie nog staande bly.  Die Besigheidsliga het ook tot gevolg dat 'n nuwe sportsoort aan die gemeenskap bekendgestel word en 'n belangstelling om op 'n meer permanente basis aan rolbal deel te neem word gekweek.  Dat die Besigheidsliga 'n reuse sukses was, is om dit sagkens te stel.  Alle deelnemers het dit geweldig geniet.  Die kompetisie was deurgaans baie straf en die wenners is eers op die laaste dag van spel bepaal. 

Die span van L en S Motors is as die algehele wenners bekroon, met in die tweede plek die span van Lumber City met Gansbaai Marine in die derde plek.   

Die Plaatkompetisie is deur die Golf Klub gewen met die span van Omega B tweede en in die derde plek die span van Super Spar.  Die skild is deur Gansbaai Petrol verower met Omega A tweede en in die derde plek Taurus Chemicals.  Ons hartlike gelukwensing gaan aan elkeen van hierdie spanne.

Jaarliks word 'n sertifikaat aan die besgeklede span oorhandig.  Hierdie jaar se wenners was die span van Gansbaai Marine.  'n Seldsame prestasie is die van 'nvoltal agt, waar al agt die balle van een span in een kop getel het.  Hierdie jaar het die span van Lumber City hierdie prestasie behaal.  Baie geluk ook aan hulle.

Baie dankie ook aan Kobus van Staden, Voorsitter van die Sakekamer wat namens die Sakekamer 'n paar woorde gespreek het. My hartlike dank gaan ook uit na al ons klublede wat hulle tyd so onbaatsugtig afgestaan het om van hierdie jaar se besigheidsliga so 'n wonderlike sukses te maak  Baie dankie aan een en almal daarvoor.  Aan die dames wat na elke dag se spel vir ons die heerlikste eetgoed voorberei het,  Anchen, Mattie en Susetta julle het ons werklik bederf.  Baie dankie vir julle harde werk. 

Daarmee het die Besigheidsliga dan tot 'n einde gekom.  Ons sien reeds uit na volgende jaar, waar die stryd om te bepaal wie van Gansbaai se besighede die beste rolbalspelers in hulle midde het, voortgesit sal word. 

Rolbal groete tot 'n volgende keer.
Philip Malherbe

Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant