Nat suksesvolle PB basaar

Nat suksesvolle PB basaar

Gansbaai Courant

 “Pearly Beach NG Kerk se jaarlikse basaar verlede Saterdag was ‘n reuse sukses,” vertel Petrus du Preez, sameroeper. “Die opkoms en die ondersteuning van die publiek, ongeag die reënweer, was ongelooflik.” Petrus sê ‘n besonder feestelike atmosfeer het geheers en die samewerking was fantasties, met ‘n pragtige opbrengs van sowat R80,000. Hy sê past Frikkie Zeelie en sy helpers was die pannekoekbakkers, met Frikkie wat die deeg aangemaak het en die AGS-lede wat die meeste van die bestanddele geskenk het.

Dié span is deur rdl Dudley Coetzee van die Gansbaai Family Church bygestaan. “As dit nie ‘n teken van samewerking tussen verskillende denominasies is nie, dan weet ek darem nie wat is nie,” sê ‘n dankbare Petrus. “Ons hartlike dank aan hulle, al die ondersteuners en die gemeentelede wat so hard gewerk het om van hierdie geleentheid so ‘n groot sukses te maak.”

Daar was pannekoek, poedings, hotdogs, hamburgers, potjieskos, ‘n plaasstal met vars vrugte, groente, vleisprodukte en vele meer. Die gesellige kafee in die saal, met Eddie Barnard se musiek, het alles tot ‘n gesellige gees bygedra. Petrus sê die basaar sou aanvanklik om 09.00 begin het, maar om 08.30 was die lus vir pannekoek en poeding so erg dat ds Dirk van Dyk nadergetrek is om met gebed te open.

“Ek wil nogmaals baie dankie sê vir al die helpers, donateurs, ondersteuners, maar heel meeste aan ons Hemelse Vader wat ons so besonderlik seën,” sê Petrus. “Die reëntjie was baie welkom en het die besoekers van die strande basaar toe gejaag - baie dankie nogmaals aan almal!”

Hardus Botha

Nat suksesvolle PB basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant