Blaffende BARC basaar

Blaffende BARC basaar

Gansbaai Courant

 “Ek het ‘n gulde geleentheid gesien om fondse vir die dorp in te bring en terselfdertyd fondse in te samel vir BARC se broodnodige bouwerk voordat die koue winter ons tref,” vertel Adri Nel van For Pets Sake Doggy Parlour in Belville, ‘n boorling van Gansbaai. “Met behulp van Wie Maak Vir Gansbaai Lekker Facebook, het ek my idee vir ‘n BARC Basaar oopgegooi en my stoutste verwagtinge is oortref,” sê sy.

Die basaar, wat verlede Saterdag in die NGK se Kleinsaaltjie aangebied is, was veeldoelig van aard. “Ek wou nie net boufondse vir BARC invorder nie, maar wou ook die gemeenskap help.” Gansbaaiers het tafels vir hul produkte “gehuur” en winste vir hulself behou. Die basaar is baie goed ondersteun en BARC kon glimlag met bykomende fondse vir hulle bouwerk.

Adri rig graag die volgende spesiale bedankings: Henrique wat 25% van die lekkergoedtafel se winste aan BARC geskenk het; die NG Kerk Gansbaai vir die Kleinsaaltjie; die gemeenskap vir ondersteuning; diegene wat tafels gehuur het; inwoners en vakansiegangers vir hul ondersteuning. “Dit alles het tot ‘n groot sukses bygedra,” sê Adri.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

Blaffende BARC basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant