Gaan soek hulle tussen die bamboes

Gaan soek hulle tussen die bamboes

Gansbaai Courant

Daar is heel paar silwervis gevang, en dit lyk asof onder hulle sommer heelwat oulywe was. Dan is daar ook (vanaf ‘n ander boot) ‘n hottie gevang wat, so sweer my informant, baie na aan ‘n volle twee kilo moet wees. So ‘n hottie, wat nou dril van die vet, is iets wat op die rooster móét kom! Sommer in die vlak water het ‘n stokvis die aas kom vat. Dinge kom reg.

Neem kennis  --  die kreefseisoen is iets van die verlede.

Gelukkig is daar vele fasette van hengel. Kom ons kyk bietjie hoe gaan dit as jy besluit om jou vis te gaan soek waar daar nie ‘n skaarste aan bamboes is nie, en jy doen dit vanuit ‘n boot. Tot ‘n mate is dit ‘n spesiale manier van hengel en dit kan groot genoegdoening verskaf  --  maar ook hope frustasie. Onthou as jy die vis daar raakloop moet jy jou maar klaarmaak om ‘n paar hotties te vang wat jou somtyds hartkloppens gee. Dis waar die ou grotes wei. Daar is wel ‘n paar goed waarop jy jou kan voorberei. Bamboes beteken vassit en dit weer beteken dat jy moet sorg vir genoeg sinkers. En lyn en hoeke.

Waarvoor jy in jou pasoppens moet wees is hoe die see lyk. Waar daar bamboes is is normaalweg ook baie riwwe, en dis mos waar die branders breek. So maak eers seker dis veilig. Normaalweg sal laagwater ‘n goeie keuse wees want dis dan makliker om die “gate” of operige spasies om die bamboes te sien. Indien die water trekkerig is moet die anker gegooi word sodat die boot beweeg in die rigting waar daar nog oop spasies is.

Sodoende hoef die ankertou net by die boot losgemaak te word en die uittrek daarvan is dan onnodig indien jy verder na ‘n ander posisie wil dryf. Maak ook seker dat jy genoeg aas het. Tussen die bamboes is goed soos klipvissies, babers, sommer baie haaitjies en ander aasvretertjies. Beste ase is sardyn, bloukoppies, mossel en rooiaas. Nou en dan word jy selfs verras met ‘n roman. En dan is daar nog ander dierasies ook.

Gebruik eerder ‘n ligte stokkie as ‘n handlyn want jy kan die lyn dan meerendeels weghou van die bamboes. Met stil water kan ‘n handlyn wel handig inkom, veral as die vis skelm byt. En gebruik kleinerige hoekies. As daai ou grote wegbreek en losbreek is klein hoekies seker te bevraagteken.  ‘n Man kan nog baie gesels oor hierdie manier van vang  --  dis soms moeilik, maar dit bly lekker. Groete, Seemeeu

Gaan soek hulle tussen die bamboes

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant