Knap Silhoeetskut

Knap Silhoeetskut

Gansbaai Courant

Johan van der Mescht van Franskraal is reeds sowat 35 jaar by silhoeët- en bisley-skyfskiet betrokke. Sy betrokkenheid by hierdie sport het egter nie by skyfskiet as skut geëindig nie. Dit het ampte soos spanbestuurder en ook afrigter by verskeie skole, Provinsiaal en Nasionaal wat tot op Internasionale vlak deelgeneem het, ingesluit. Vanaf 2012 tot 2014 het hy tydens Silhoeëtkompetisies 6 x 3de plekke, 8 x 2de plekke en 27 x 1ste plekke ingepalm.

Tydens die 2015 Vrystaatse Classic Silhoeëtskut Kompetisie, waaraan 100 skuts deelgeneem het, behaal hy 1 x 3de plek, 1 x 2de plek en 5 x 1ste plekke. Daar het hy ook gekwalifiseer om in die oopvisier geweerafdeling aan die Nasionale proewe met die oog op die Wêreldskut Kompetisie in 2016 deel te neem. Johan se passie vir dié sport het reeds op 14-jarige ouderdom begin.

In 1968 koop hy sy eerste eie geweer by sy pa - ‘n windbuks wat hy by sy pa vir R8 gekoop het en teen 50c per week met sy sakgeld moes afbetaal voordat hy die geweer kon kry. Met sy aftrede sowat 5 jaar gelede in Franskraal, kon hy meer dikwels aan kompetisies deelneem. Silhoeët-skyfskiet behels die skiet na metaal silhoeëtvalplate op verskillende afstande en in bepaalde tye, wat dit beslis ‘n kuns maak om te beoefen.

Johan het ook op Provinsiale-, Nasionale- en Internasionale vlakke aan Bisley Kompetisies deelgeneem. Hy is tans lid van die Bloemfontein-, WP- en SA Metaal Silhoeët Skietklubs, asook lid van Pearly Beach Gun Club en Gansbaai Pistoolskietklub. Hy vertel dat geweerskuts se kundigheid nie gebruik word om te jag of diere dood te maak nie.

“Die redes waarom ek hierdie sportsoort beoefen is omdat dit dissipline, deursettingsvermoeëns, respek vir jouself en jou medemens en ‘n gesonde leefwyse bevorder, asook verantwoordelike vuurwapenveiligheid te alle tye,” sê Johan.

 Hardus Botha

Knap Silhoeetskut

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant