Ekosentrum by Stony Point amptelik geopen

Ekosentrum by Stony Point amptelik geopen

Gansbaai Courant

Volgende op omvattende openbare deelname en etlike jare waarin ingewikkelde uitdagings die hoof gebied moes word wat verskeie wysigings aan die terreinplanne genoodsaak het, is die Ekosentrum by Stony Point nou uiteindelik slaggereed om die projek se voorgenome voordele aan bedreigde seevoëls, toeriste, die Bettysbaai-bootklub en die Mooiuitsig-gemeenskapstrust – houers van die kommersiële regte op die bestuur van die koffiewinkel en ekosentrum – te bied. 

By die amptelike bekendstelling op Vrydag 10 April 2015, het Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie die projekbestuurders, Casidra, geloof vir die suksesvolle integrasie van die oorblywende ruïnes van die ou walvisstasie, die radarstasie uit die Tweede Wêreldoorlog en die munisipale werkswinkel en store in 'n toerisme-aantreklikheid en natuurbewaringsarea. 

Met behulp van befondsing komende van die uitgebreide-openbarewerkeprogram, het die Wes-Kaapse Departement van Toerisme die oprigting van 'n tematiese besoekerinligtingsentrum, 'n teekamer en erfenisterrein wat oor die geskiedenis van walvisjag handel by die Stony Point Ekosentrum gefasiliteer.

In sy toespraak het die LUR vir Toerisme, Derek Hanekom, belanghebbers aangemoedig om aan te hou om soortgelyke projekte na te streef wat werksgeleenthede skep en help om 'n lewendige, billike en volhoubare toerisme-ekonomie tot voordeel van die plaaslike gemeenskap te ontwikkel.

Ekosentrum by Stony Point amptelik geopen

Noluthando Zweni

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant