Die water is ysig!

Die water is ysig!

Gansbaai Courant

Terwyl die seetemperatuur al vir ‘n paar dae 9 grade was is dit te verstane dat vangste nie van die wonderlikste was nie. Tog is heelwat mooi visse gevang. Nodeloos om te meld, die hotties is spekvet. Daar moes omtrent gesoek word om ‘n makriel aan te keer en die dakspykertjies (klein snoekies) is amper te klein om selfs as aas te gebruik. Van hierdie goedjies gepraat, in sulke koue water krimp alles mos tot daar feitlik niks van oor is nie!  Het die snoekies wat redelik oor “size” was nie diesellfde oorgekom nie? Teen die tyd dat die Courant verskyn het die seetemperatuur hopelik gestyg en dit behoort tot beter vangste te lei.

Vir my is April/Mei die oorgangsmaande wanneer die vis ander patrone aanneem. Indien jy vergelyk met vangste in die verlede was daar buitengewoon baie vis soos geelbek gevang. Kabeljou wag net vir die meer onstuimige water om te verkas na dieper water maar behoort reeds by plekke soos die Moddergate rond te dwaal. Daar word ook baie mooi silwervis gevang (ook bietjie vroeg in die jaar), so maak gereed vir dinge wat gaan opwarm. Die enkele stokvis wat so twee weke terug naby die Eiland opgetel is is ook insiggewend. Wanneer laas het hulle hul opwagting gemaak?

Die Birkenhead-bootklub se kompetisie het goeie resultate gelewer en daar is geen rede om te kla nie, heelwat vis is ingeweeg.

 Mens moet natuurlik die weer bestudeer en jou daarvolgens instel. Sodra daardie halwe stormwinde kom moet jy jou maar gereedmaak om tot aksie oor te gaan. Intussen bly dit een van die aangenaamste dinge om jou dag rustig op see deur te bring. En die element van verrassing is altyd daar. Van die dierasies dwaal ook maar rond waar hulle wil en wanneer hulle so voel en voel blykbaar vere oor die toestand van die weer. So die kans is altyd daar, gebruik dit!

Dit lyk asof die bankvis na aan die kant hou en indien jy tevrede is met hotties  is dit onnodig om ekstra brandstof te bestee. Vir roman kan so effens dieper gesoek word.

Groete, Seemeeu

Die water is ysig!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant