Is GOD nog goed as Hy nee se?

Is GOD nog goed as Hy nee se?

Gansbaai Courant

“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.  Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” (2 Kor. 12:7-9)

Kan jy ook dieselfde as Paulus hierbo sê? Jy het ’n groot probleem of krisis. Jy bid daaroor en wag. GOD antwoord jou nie. Jy bid weer daaroor en wag hoopvol. Steeds bly GOD stil. Jy gaan terug en smeek vir die derde keer. Maar GOD swyg.  Hoor Hy nie? Wil Hy nie antwoord nie? Of wat?

Toe my dogter vier jaar oud was, is sy wonderbaarlik gespaar om nie in die ongeluk waarin my  eie pa en ma dood is, te sterf nie. Ek was só dankbaar daaroor. Ek het GOD geprys omdat Hy so goed was om ons dogter se lewe te spaar. Die afgelope Sondag het ek oor dieselfde vraag wat hier bo staan gepreek. Terwyl ek besig was met die voorbereiding het dit my soos ’n hamerslag voor die kop getref. Dit was asof GOD my direk vra: “As ek jou dogter nie gespaar het nie, as sy wel gesterf het, sou jy nog steeds gesê het: GOD is goed?

Sou Ek enigsins minder van ’n GOD gewees het as Ek haar Huis toe geroep het? Sou jy My vandag nog steeds geprys het?”

Dit het my baie diep laat nadink oor GOD se genade. Ons sê só maklik GOD is genadig, maar besef ons dat Hy ook genadig is selfs al laat Hy toe dat ons kind sterf in ’n ongeluk of ons geliefdes nie gesond word van kanker nie. Is die antwoord wat Paulus gekry het nie ook vir ons die regte antwoord wanneer ons deur moeilike tye gaan nie? “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:8) Mag ek dit sê? GOD is meer bekommerd oor ons siele as ons liggaam! Jy kan maar vir die res van jou lewe mank loop of siek bly as GOD net seker is jy is gered vir die ewige lewe! In elke geval: Lees jy nou met jou eie oë hierdie artikel en hou die koerant met jou hande vas? Is daar ’n dak oor jou kop en kos op jou tafel? Dan is GOD mos besig om jou nou en elke dag met baie seëninge te oorlaai?

Ja! GOD is goed selfs al bly Hy stil en antwoord nie ons gebed nie. Sy krag is elke dag in ons lewe teenwoordig. Kyk rondom jou. Sien Sy goedheid en genade raak in jou lewe en dié van jou geliefdes.

Kom ons loof en prys GOD omdat Hy altyd goed is!

Is GOD nog goed as Hy nee se?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant