4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

Gansbaai Courant

Die SABC se Pensioenfonds versoek pensioenarisse jaarliks om foto’s vir hulle kalender in te stuur. “Letterlik honderde of dalk veel meer foto’s word deur SABC-pensioenarisse ingestuur, waarvan slegs 12 vir die volgende jaar se kalender gekeur word. Margi Muller van Franskraal is een van die pensioenarisse wat elke jaar ‘n foto vir die volgende jaar instuur.

Sy gebruik Gansbaai Courant (Hardus Botha) se foto’s van aktiwiteite wat sy in Gansbaai reël, aanbied of aan deelneem. Vanjaar was dit die 4de keer wat een van haar ingestuurde foto’s gekeur word en wel vir die 2015-kalender. “Ek is baie verbaas, omdat ek weet hoeveel foto’s jaarliks ingestuur word,” vertel Margi.

Die 2015 foto waarna Margi verwys, wat sy in 2014 ingestuur het, is haar Blompark Lyndanskinders wat op Vrouedag 2014 in die Gemeenskapsaal in Blompark opgetree het en deur Hardus afgeneem is. Die foto is vir die Augustusmaandblad op die kalender gebruik. Sedert 2011 se SABC Pensioenfonds Kalender, is dit vanjaar die 4de keer (2011, 2012, 2014 en nou 2015) wat ‘n foto wat Margi ingestuur het, gekeur is.

Die vorige drie foto’s was dié van 100 Lyndansers se optrede in Uilkraal Pub, ‘n foto van Strand-Veld Voetslaanklub tydens ‘n staptog (Foto: Anita Botha) en ‘n “Hoede-aand” funksie van die Birkenhead Boothengelklub.

“Wat vanjaar se foto wat gekeur is so spesiaal vir my maak, is dat dit nogal vir Augustusmaand in die 2015-kalender opgeneem is - ek en Hardus se verjaardagmaand!” het Margi gesê.

Hardus Botha

4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant