SAPD se Flink Stappers

SAPD se Flink Stappers

Gansbaai Courant

“Gansbaai SAPD het vanjaar vir die eerste keer die geleentheid gehad om die jaarlikse Vasbytstap vir SAPD-lede aan te bied,” vertel AO Wynand le Roux. “Gewoonlik word dit deur die Departement Korrektiewe Dienste aangebied.”

Verskeie magte en individue neem jaarliks aan die Vasbytstap deel en dit vind nou al vir die afgelope 15+ jaar plaas, met die Ladismitstap (Kannaland) en die Diasstap (Mosselbaai) as die meer populêre vasbytstaptogte. Die afstand behels 75km oor ‘n tydperk van 2 dae, met 40km vir die eerste dag en 35km vir die tweede dag. Op dag twee word daar ook ‘n halwe vasbytstap vir individue van 35km aangebied,” sê AO Le Roux.

Tydens hierdie staptog kon daar ook deelgeneem word aan ‘n 10km stap op die eerste dag. Gansbaai SAPD se flink Vasbytstappers was: AO Jackie Hildebrand, AO Micheal Vermeulen, AO Riaan Mostert, Sers Frans Groenewald, Anna-Marie Camaron en Delicia Lourens.

“’n Groot en opregte dankie aan alle borge, helpers, ondersteuners en elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie suksesvolle Vasbytstap gelewer het - daar is te veel om op te noem,” sê AO le Roux.

Die uitslae is soos volg: 75km Veterane (gemengde span): 1ste Gansbaai SAPD (10:54). 75km Veterane (mans): 1ste Six Brothers van Kaapstad (10:34). 75km Masters (Mans): 1ste 1000km Challengers van Grahamstown (14:19).

In die 75km vir Seniors het Disa Walkers van PC Office die 1ste, 2de en 3de plekke verower, met tye van 09:52, 10:12 en 11:41.

Hardus Botha

SAPD se Flink Stappers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant